Photo GalleriesSportSportSports Galleries

Kwaste verf Luiperds se Sondag blou

Op ‘n sonnige dag in Rustenburg het die Luiperds sleg tweede teen ‘n begeesterde Griekwas-span met ‘n 54-17 nederlaag gekom. Die Griekwas het gemaklik met die Luiperds klaargespeel wat net nie in die wedstryd kon kom nie en hulle sal liefs eerder hierdie wedstryd wil vergeet. Dit was die Griekwas se venynige aanvalspatroon met die …

Op ‘n sonnige dag in Rustenburg het die Luiperds sleg tweede teen ‘n begeesterde Griekwas-span met ‘n 54-17 nederlaag gekom.

Die Griekwas het gemaklik met die Luiperds klaargespeel wat net nie in die wedstryd kon kom nie en hulle sal liefs eerder hierdie wedstryd wil vergeet.

Dit was die Griekwas se venynige aanvalspatroon met die speler van die wedstryd, André Swarts aan die stuur wat die Luiperds geraps het met uitstekende balbesit en aanvallende spel waar hulle spasie goed benut het.

Die Griekwas het die wedstryd met aanvallende mening begin en drie drieë in die eerste 15 minute danksy Tertius Kruger en Jason Fraser gaan druk om ‘n 19-5 voorsprong te kry.

Kort daarna het die voormalige Shimlas-kaptein AJ Coertzen oor die drielyn vir die Kwaste gaan kuier na ‘n miskommunikasie tussen Marno Redelinghuys en Henko Marais. Die bal het agtertoe gespat en Coertzen het voordeel uit die Luiperds se ongeluk benut.

Altwee spanne het hierna kanse op die aanval gehad maar albei verdedigingslinies het sterk gestaan. Kyle Steyn en Edries Arendse was veral gevaarlik vir die Griekwas gewees met hulle vinnige voete. Vir die Luiperds het Henko Marais ‘n paar goeie lopies ingesit terwyl Walt Steenkamp en Juan Language ook hulle bes probeer het om met ‘n paar stormlopies die agterstand te verminder.

Teen halftyd was die Griekwas gemaklik voor met ‘n 29-5 voorsprong en in die tweede helfte het hulle dit net vergroot. Griekwas losskakel, Andre Swarts het oorgeduik na ‘n flink systap en toe verdoel.

Die Luiperds het toe vir Elden Schoeman en Gerhard Nortier op die veld gestuur om die Luiperds skrale hoop te gee. Schoeman het toe bewys wat hy kan doen met ‘n skitterende lopie om die Luiperds se tweede drie met 18 minute speeltyd oor te gaan druk.

Die Griekwas het wel die laaste sê gehad toe skrumskakel Renier Botha en George Whitehead oorduik. Sodoende is die 50-punt merk verkry om die dag op ‘n hoogtepunt vir die manne van Kimberley af te sluit.

 

Foto’s: Wouter Pienaar

Punte:

Luiperds: 17 (5)

Driee: Juan Language, Elden Schoeman (2)

Doelskoppe: Schalk Hugo

Griekwas: 54 (29)

Driee: Tertius Kruger, Colin Fraser (2), AJ Coertzen, Andre Swarts, Renier Botha, George Whitehead

Doelskoppe: Andre Swarts (5)

Strafskoppe: Swarts (3)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button