SportSport

Voormalige Gimmie gereed vir Georgië in groen en goud

Die voormalige Potchefstroom Gimnasium eersterugbyspan kaptein, Gerhard Steenekamp (20) is nou besig om sy potensiaal ten volle vir die land te wys met sy insluiting in die Junior Bokke se o.20 Wêreldbekerspan. Die o.20 Wêreldbeker gaan vanaf 31 Mei tot 18 Junie in Georgië plaasvind en Steene-kamp is gereed om naam in die groen en …

Die voormalige Potchefstroom Gimnasium eersterugbyspan kaptein, Gerhard Steenekamp (20) is nou besig om sy potensiaal ten volle vir die land te wys met sy insluiting in die Junior Bokke se o.20 Wêreldbekerspan. Die o.20 Wêreldbeker gaan vanaf 31 Mei tot 18 Junie in Georgië plaasvind en Steene-kamp is gereed om naam in die groen en goud te maak.

Steenekamp speel tans loskopstut nadat hy die skuif van flank en slot in sy speeldae op skool gemaak het. Hy het ‘n paar kilo’s opgetel, sterker geword, en is nou besig om sy gewig goed in die skrums rond te gooi.

“Dit is ‘n baie groot voorreg en eer om die span te haal. Dit is iets waarvoor mens jou lewe lank werk. Die groep is baie talentvol en ons voorbereiding vir die toernooi gaan baie goed, so ek sien uit na die o.20 kampioenskap. Ons het ook opwarmingswedstryde teen senior spanne gespeel, so ek glo ons is reg om ons beste te gee in Georgië,” het Steenekamp aan die Herald vertel.

Volgens hom is sy doelwitte om die beste in sy posisie te doen en ‘n bydrae tot die span in die algeheel te lewer.

“‘n Groot deel van my motivering kom van vriende en familie en om die talente wat ek gekry het, ten volle te gebruik,” voer hy verder aan.

Tog sal Steenekamp nie sy wortels sommer by Gimmies vergeet nie en is bewus dat al sy harde werk op skoolvlak hom geneem het na die rugbyspeler wie hy vandag is.

Gerhard Steenekamp, voormalige Gimmie eerstespankaptein is vir die o.20 Junior Bokke se Wêreldbekerspan gekies.
Gerhard Steenekamp, voormalige Gimmie eerstespankaptein is vir die o.20 Junior Bokke se Wêreldbekerspan gekies.

“Een van die rugby oomblikke wat ek nooit sal vergeet nie, is ons interskole in 2015. Gimmies het my baie gehelp deur ondersteuning, goeie afrigting en vir my te leer dat ek ook my rugby moet geniet. Skolerugby het my geleer dat rugby nie net ‘n sport is nie as jy dit saam met jou span kan speel. In rugby maak jy vriende wat jy vir altyd sal hê.”

Steenekamp draf ook tans uit vir die Blou Bulle se o.21 span en is verlede jaar as die Blou Bulle se o.19 voorspeler van die jaar aangewys. “Dit was ‘n groot eer om die toekenning te ontvang maar ons was ‘n baie goeie voorspelerpak, so die toekenning kon vir enige iemand gegaan het. Ek was maar gelukkig,” sê hy.

Steenekamp glo dat sy toekoms blink is, maar meen ook dat rugby nie die alfa en omega moet raak nie.

“Pasop dat rugby meer as net rugby word nie. Die vriende wat jy maak deur rugby en lewenslesse wat die sport jou leer is belangriker as die shine van die spel.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button