SportSport

Gimmies se hokkieseuns wys weer hoe word dit gedoen

Vanjaar is die derde jaar wat Gimmies se seunshokkie A-spanne dit regkry om Noordwes se Platinumliga te wen. Hulle was ook die wenners in  2013 en 2015.  Geen ander skool in Noordwes kon dit al ooit regkry om in een jaar al drie titels in te palm nie. Gimmies het dit in totaal al drie …

Vanjaar is die derde jaar wat Gimmies se seunshokkie A-spanne dit regkry om Noordwes se Platinumliga te wen. Hulle was ook die wenners in  2013 en 2015.  Geen ander skool in Noordwes kon dit al ooit regkry om in een jaar al drie titels in te palm nie. Gimmies het dit in totaal al drie keer reggekry.

Verder het die eerstespan al vyf keer in ‘n ry die Platinum Noordwes-liga gewen. Die twee beste skole dring deur na die Noordvaal-toernooi wat vanjaar op die NWU se astrobane vir die o.16 en eerstespanne aangebied word en by Curro Klerksdorp vir die o.14-spanne. Gimmies se B-spanne speel in die Noordwes-liga, waar die res van die skole verteenwoordig word.

Die tweede span het ongelukkig reeds by poelwedstryde uitgeval, maar die o.14 B-span het in die semi-finale gespeel, waar hulle teen Zinniaville se  o.14 A-span uitgeskakel word met ‘n telling van 1-2.

Die o.16 B-span wen die semi-finale teen Lebone se o.16 A-span met 1-0 en verloor teen Lichtenburg se o.16 A-span met 1-2. Meeste van die spanne in die Noordwes-liga is skole se A-spanne waarteen Gimmies se B-spanne kompeteer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button