Gimmies troef Wesvalia in driefees om plek in eindstryd te bespreek
Potchefstroom Gimnasium se eerste rugbyspan het vanmiddag op die Mooivallei Sportterrein met Hoërskool Wesvalia se eerstespan behoorlik met 57-33 afgereken om hulle Virsekerbeker drome te laat voortleef. Op hulle tuisveld was Gimmies op hul stukke en het met hardlooprugby ‘n paar uitstekende drieë prakseer in dié Luiperds Grootskole halfeindstryd. In die ander halfeindstryd wat ook …
Potchefstroom Gimnasium se eerste rugbyspan het vanmiddag op die Mooivallei Sportterrein met Hoërskool Wesvalia se eerstespan behoorlik met 57-33 afgereken om hulle Virsekerbeker drome te laat voortleef.
Op hulle tuisveld was Gimmies op hul stukke en het met hardlooprugby ‘n paar uitstekende drieë prakseer in dié Luiperds Grootskole halfeindstryd.
In die ander halfeindstryd wat ook op dieselfde veld plaasgevind het, het Lichtenburg vir KHS met 55-35 getroef nadat Liggies met 36-0 teen halftyd voor was.
Gimnasium en Lichtenburg sal mekaar dus vir die derde keer vanjaar aanvat en hierdie keer in die Luiperds Grootskole Eindstryd op dieselfde veld in omtrent ‘n maand se tyd.
Lees meer oor hierdie wedstryde en wie die groot sterre en puntemakers was in Donderdag (29 Junie) se Potchefstroom Herald.



