Photo GalleriesSportSportSports Galleries

Gimmies se eerstespan netbaldogters wen vierde titel in ‘n ry

Potchefstroom Gimnasium se o.19A-span van Marianne Ray kraai vir die vierde agtereenvolgende jaar koning in die Beste Noordwes Skole-kampioenskappe. In dié eindstryd teen Hoërskool Rustenburg wat verlede Vrydag by Hoër Volkskool Potchefstroom se netbalbane gehou is, het hierdie talentvolle en hardwerkende groepie dogters met ‘n 25-23 oorwinning weer bewys waarom hulle nommer een is. Volgens …

Potchefstroom Gimnasium se o.19A-span van Marianne Ray kraai vir die vierde agtereenvolgende jaar koning in die Beste Noordwes Skole-kampioenskappe.

In dié eindstryd teen Hoërskool Rustenburg wat verlede Vrydag by Hoër Volkskool Potchefstroom se netbalbane gehou is, het hierdie talentvolle en hardwerkende groepie dogters met ‘n 25-23 oorwinning weer bewys waarom hulle nommer een is.

Gimmies se 0.19A wenspan.
Gimmies se 0.19A wenspan.

Volgens Ray het haar span die kroon gevat, danksy ‘n paar goue eienskappe waarvan spanwerk die fondasie gelê het.

“Dit was absolute toewyding en baie harde werk. Hulle vertrou mekaar en geniet netbal,” het sy genoem.

Dit was nie die enigste Gimmie-span wat as Noordwes-wenners op Jeugdag (16 Junie) gekroon is nie. Die oortreflike o.17A en o.14A-spanne het ook met die louere weggestap en net weer bewys watter uitstekende netbalskool Gimmies is. In hierdie strawwe kompetisie het al Noordwes se beste netbalskole vir die nommer een plek gekompeteer in ‘n dag van skouspelagtige netbalaksie.

Volkies het op sy tuisbaan die meeste geluk van hulle o.16A netbalspan beleef, wat ‘n tweede plek behaal het in die toernooi. In die o.16-kategorie het Gimmies ook ‘n derde plek behaal. Girls High se o.19-span het ook hulle bes probeer en het Vryburg (21-18) geklop en goed teen die sterker skole gespeel. Gimmies en Rustenburg het wel die dag oorheers, waar een van hierdie twee spanne in al die A-span eindstryde teenwoordig was. Gimmies het drie eindstryde gewen, terwyl Rustenburg se o.16A-span die groot wen gevat het. Rustenburg se o.17- en o.19-spanne het albei teen Gimmies gesneuwel.

Nou lê die SA kampioenskappe in Augustus vir Gimmies se top netbalspanne voor, waar hulle teen sterk skole gaan kompeteer vir daardie nasionale trofee. Ray se o.19-span is die verdedigende kampioene en dit sal beslis die kersie op die koek vir dié span wees om vir oulaas weer heel bo op die land se netbaltroon te sit.

Kyk die foto’s van die toernooi hier: (Foto’s: Wouter Pienaar)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button