SportSport

Overs en Excelsior gaan mekaar tussen die toue kry by Fight Night

Volgende Donderdag, 17 Augustus gaan daar stofwolke by die Snowflake-gebou wees wanneer twee van die NWU-Pukke se vernaamste koshuisbure, Excelsior en Over de Voor mekaar in die bokskryt gaan aandurf in die heel eerste Fight Night-aksie. Vyf van Over de Voor en vyf van Excelsior se taaiste manne gaan probeer om die uitklophou te gooi …

Volgende Donderdag, 17 Augustus gaan daar stofwolke by die Snowflake-gebou wees wanneer twee van die NWU-Pukke se vernaamste koshuisbure, Excelsior en Over de Voor mekaar in die bokskryt gaan aandurf in die heel eerste Fight Night-aksie.

Vyf van Over de Voor en vyf van Excelsior se taaiste manne gaan probeer om die uitklophou te gooi en die spogregte op dié aand te vat. Vir Over de Voor gaan Bernardus Coetzee, Muller Lategan, Willem Oosthuyzen, Nathan Kirsten, Dylan Botha en Basie van Wyk die bokskryt betree. Vir Excelsior is Marco Mongia, Martin Kruger, Ruan Vorster, Cornus Swanepoel, Francois Bosch en MP Olivier hulle opponente.

Kyk die video hier:

VIDEO: Hare gaan waai by Overs vs Excelsior Fight Night

Dit gaan beslis nie ‘n maklike taak wees nie, aangesien albei koshuise slaggereed is om hul opponent teen die toue te laat. Moenie dink hierdie is sommer jou na klas, moue opgerol tipe kroegbakleiery nie – nee, hierdie is so professioneel soos kan kom, met al die swier en glans van ‘n Floyd Mayweather boksgeveg. Toeskouers word dan juis aangemoedig om formeel aan te trek, ‘n metgesel te bring en kwaliteit boks-kameraderie in die kryt te beleef. Boonop gaan bekende kunstenaars soos Moses Metro Man, Glaskas, Robbie Wessels en Wolwe Dans die skare ook vermaak.

Volgens Jan-Hendrik Opperman, primarius van Excelsior, word daar ‘n tradisie met Fight Night begin.

“Excelsior en Overs het nog altyd ‘n geskiedenis waar ons nie altyd om dieselfde vuur sit nie. Toe het ek gedink dat ons ‘n eksterne koshuisaksie kan hou waar ons fondse kan insamel en die hele stad kan betrek. Dit kan een van twee dinge veroorsaak, ons kan weer ‘n geleentheid kry om weer nie van mekaar te hou nie, of ons kan meer gesonde kompetisie kweek waar ons mekaar kan respekteer,” noem Opperman.

Kyk wie boks teen mekaar hier: 

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/37131/die-10-boksers-van-fight-night-overs-vs-excelsior/

Vir Fight Night het die boksers van albei koshuise professionele advies ontvang en gereeld geoefen vir die afgelope maand om gereed te wees. Die voormalige Potchefstroomse bokser, Sean Santana, is ook betrek om die fynere kuns aan die manne te leer.

“Albei van ons het ‘n hele groep gehad wat wou deelneem en ons het toe ouens teen mekaar volgens hulle gewigsklas opgemeet. Die ouens is gereed en daar is ‘n lekker atmosfeer voor Fight Night. Hulle kan nie wag om teen mekaar te boks nie,” vertel Gert Schoombee, onderprimarius van Over de Voor.

“Die belangrikste is dat dit veilig is, met lekker kompetisie tussen die manne. Dit sal ook ‘n regte show wees waar ons ‘n onpartydige skeidsregter sal hê. So professioneel as moontlik,” voer Schoombee verder aan.

Kaartjieverkope is ook besig om vinniger as ‘n Manny Pacquiao opstopper te verkoop en terugvoer is sover positief.

Kaartjies kos R150 per persoon en kan by Excelsior en Over De Voor tussen 12:00 en 14:00 weekliks gekoop word. Texas Rock Bar op die Bult en die SS op die kampus verkoop ook kaartjies.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button