Photo GalleriesSportSportSports Galleries

Volkies se draaiers maak stem dik teen Rustenburg

Op ‘n kolfblad wat draaiers gepas het, het Volkskool se hulle tuisvoordeel aangegryp om Saterdag ‘n kompeterende eerste Noordwes-ligawedstryd teen Hoërskool Rustenburg met 22 lopies te wen. Volkies se draaiers, André Taljaard (4/44) en Louis van Schalkwyk (2/36), het Rustenburg se kanse geknak en sodoende ‘n belangrike eerste wen bewerkstellig. Volkies se ervare wegbreekbouler, Cobus …

Op ‘n kolfblad wat draaiers gepas het, het Volkskool se hulle tuisvoordeel aangegryp om Saterdag ‘n kompeterende eerste Noordwes-ligawedstryd teen Hoërskool Rustenburg met 22 lopies te wen. Volkies se draaiers, André Taljaard (4/44) en Louis van Schalkwyk (2/36), het Rustenburg se kanse geknak en sodoende ‘n belangrike eerste wen bewerkstellig.

Volkies se ervare wegbreekbouler, Cobus Crowther, het die wedstryd met ‘n vingerbesering misgeloop en dus moes die ander draaiers hulle kant bring.

Volkies het eerste gekolf en dinge het maar moeilik geloop met paaltjies wat gedurig gekantel het en net Vincent Viljoen het met 43 sterk gestaan.

Volkies se Jannie Claassens het toe die langsteel in die finale 10 boulbeurte ingelê met ‘n vinnig en kragtige 54 (22) wat Volkies na ‘n telling van 242 almal uit geneem het. Rustenburg kon net 220 haal voor hulle almal uitgeknikker is.

Volkskool se o.15A span het ‘n meer gemaklike wedstryd teen Rustenburg beleef en met 129 lopies geseëvier. Volkies het eerste gekolf en 272 almal uit aangeteken. Die besoekers is vir 143 lopies uitgeboul. Christopher de Freitas was die speler van die wedstryd met sy veelsydige vertoning wat ‘n 97 met die kolf en 5 paaltjies ingesluit het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button