SportSport

NWU-Junior Pukkies skop swemseisoen goed af

Swemmers van die NWU-Junior Swemklub het die nuwe seisoen op ’n hoë noot afgeskop tydens ‘n onlangse Inter-provinsiale swemgala vir kleiner provinsies (streke) op 19 Augustus in Johannesburg. Die gala is ‘n jaarlikse instelling tussen Noordwes, Limpopo, Mpumalanga, Oostelike Gauteng, Sedibeng en Noord-Vrystaat, hoewel laasgenoemde nie vanjaar swemmers ingeskryf het nie. Noordwes het vanjaar ‘n …

Swemmers van die NWU-Junior Swemklub het die nuwe seisoen op ’n hoë noot afgeskop tydens ‘n onlangse Inter-provinsiale swemgala vir kleiner provinsies (streke) op 19 Augustus in Johannesburg.
Die gala is ‘n jaarlikse instelling tussen Noordwes, Limpopo, Mpumalanga, Oostelike Gauteng, Sedibeng en Noord-Vrystaat, hoewel laasgenoemde nie vanjaar swemmers ingeskryf het nie. Noordwes het vanjaar ‘n tweede plek behaal.
Uitblinkers tydens dié kortbadbyeenkoms by Boksburg Noord se onderdak, verhitte swembad was Van Zyl Brand (3 goud), Alexia Duarté (1 Silwer), Sumé du Preez (1 brons), Jenna-Marie Lee (1 silwer), Xandri Palmer (2 brons), Tiaan Rossouw (1 silwer), Janco Uys (2 brons), Juandré Uys (1 brons) en Jana van Rheede van Oudtshoorn (1 silwer).
Die volgende Interprovinsiale byeenkoms vind op 4 November op Sasolburg plaas. Die klub se entoesiastiese swemmers is tans kliphard aan die voorberei vir die jaarlikse kortbadkampioenskappe by Pecanwood College op 23 en 24 September.

Sport

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button