SportSport

Klop op die skouer vir Potch na uitstekende SA landloopkampioenskappe

Potchefstroom en Atletiek Sentraal Noordwes (ASNW) kan trots wees op die kookwater 2017 SA Landloopkampioenskappe waar hulle atlete nie net geskitter het nie, maar waar ware sportmansgees en kameraderie op die baan die kenmerk van die kampioenskap was. Die kragtige natuur wat sport het om mense van alle rasse, kulture, lewensuitkyke en ouderdomme bymekaar te …

Potchefstroom en Atletiek Sentraal Noordwes (ASNW) kan trots wees op die kookwater 2017 SA Landloopkampioenskappe waar hulle atlete nie net geskitter het nie, maar waar ware sportmansgees en kameraderie op die baan die kenmerk van die kampioenskap was.
Die kragtige natuur wat sport het om mense van alle rasse, kulture, lewensuitkyke en ouderdomme bymekaar te bring, was een van die blywendste getuigskrifte van dié byeenkoms wat op Saterdag 9 September by die Noordwes-Universteit se Joolplaas plaasgevind het.
ASNW het vanjaar 19 medaljes verower en algeheel vyfde uit 15 unies geëindig. Dit sluit in vier goud, ses silwer en nege bronsmedaljes en is vyf meer as verlede jaar. Volgens ASNW se algemene bestuurder, Richardo Ellis, kan die plaaslike landloopatlete hulself beslis op die skouer klop. “Ons is baie tevrede met ons atlete wat beslis na die partytjie toe gekom het. Die kampioenskap was ’n groot sukses,” het hy genoem.

Op die veld het ASNW se atlete ‘n klompie hoogtepunte behaal, soos die senior mans wat die spantitel in die 10 kilometer wedloop verower het, nadat die trio van Thabang Mosiako (3de), Joel Mmone (2de), David Manja en Obed Koping met die louere weggestap het. Sentraal Gauteng se Precious Mashele het goud in hierdie item verower in ‘n tyd van 30:31.

In die senior mans 4 kilometer wedloop, het die ASNW groep van Rantso Mokopane (3de), Samuel Matsepe, Mtobisi Baloyi (1ste) en Moeketsi Tseiso (2de) ook met goud wegestap.

Hier het ASNW se Baloyi (11:43) individueel met die goud om sy nek feesgevier, waar ASNW al die podiumplekke volgestaan het.
Alta Verster was ook ‘n gouemedaljewenner vir ASNW in die dames 45-kategorie in ‘n tyd van 16:11, waar sy in die 4 kilometer wedloop naelskraap vir Mareli Munnik in ‘n tyd van 16:17 geklop het.

Cara du Preez van Volkies het ASNW trots gemaak toe sy ‘n silwermedalje in die meisies o.16 4 kilometer wedloop (14:53) behaal het. Op die ander kant van die ouderdomspektrum het Potchefstromer Nico Deerling in die mans 50 jaar-kategorie ‘n bronsmedalje in die 8 kilometer wedloop met ‘n tyd van 29:45 verower.
Atletiek Gauteng Noord het ‘n eerste plek met 81 medaljes behaal, Sentraal Gauteng tweede met 78 en Atletiek Vrystaat ‘n derde met 30 medaljes.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button