SportSport

Noordwes Premier Inter Provinsiale gholfspan eindig tweede in groot toernooi

Die Noordwes Premier Inter Provinsiale gholfspan het die afgelope week aan die nasionale Inter Provinsiale Toernooi deelgeneem wat by die Bryanston Buiteklub gehou is. Die span was in die B-afdeling en het aan die einde van die week tweede geëindig. Die span het gewen teen Grens (10.5 vs 1.5), teen Boland (7 vs 5), teen …

Die Noordwes Premier Inter Provinsiale gholfspan het die afgelope week aan die nasionale Inter Provinsiale Toernooi deelgeneem wat by die Bryanston Buiteklub gehou is.

Die span was in die B-afdeling en het aan die einde van die week tweede geëindig.

Die span het gewen teen Grens (10.5 vs 1.5), teen Boland (7 vs 5), teen Limpopo (8 vs 4), teen Mpumalanga (8 vs 4) en verloor teen Oostelike Provinsie (5.5 vs 6.5) en Vrystaat (5.5 vs 6.5).

Vrystaat is die wenners van die B-afdeling en word gepromoveer na die A-afdeling vir 2018.

Drie kompetisies is verlede week by die Potchefstroomse Buiteklub aangebied.

*Op Woensdag, 20 September het die klub ‘n IPS kompetisie aangebied.

Die wenners was:

1e – Louis Botha  met 43 punte

2e – Fanie du Plessis met 41 punte

3e – Kaiser Cornelius met 40 punte

*Op Vrydag, 22 September het die klub hulle fondsinsameling aangebied.

Dit was ter verbetering van die geriewe van die klub. Die formaat was ‘n IPS en die wenner was JP Adlem.

*Op Saterdag, 23 September het Ocean Basket die IPS kompetisie geborg. Die uitslae was:

Manswenners

1e – Awie Otte met 42 punte

2e – Johann Esterhuyse met 42 punte

3e – Henning du Plooy met 41 punte

Dameswenners

1e – Elzane van der Wath

2e – Gertie Gerber

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button