Luiperds verloor ‘n taai stryd teen Griffons in Klerksdorp
Die Luiperds se onoorwonne rekord in die 2017 Curriebeker Eerste Divisie is nou iets van die verlede nadat hulle 28-22 teen die Griffons in Klerksdorp gistermiddag (Vrydag, 29 September) verloor het. Op ‘n bewolkte en winderige dag het die bries nie na die Luiperds se kant toe geswaai nie. Die wedstryd was naby gewees alhoewel …

Die Luiperds se onoorwonne rekord in die 2017 Curriebeker Eerste Divisie is nou iets van die verlede nadat hulle 28-22 teen die Griffons in Klerksdorp gistermiddag (Vrydag, 29 September) verloor het.
Op ‘n bewolkte en winderige dag het die bries nie na die Luiperds se kant toe geswaai nie. Die wedstryd was naby gewees alhoewel die Griffons voor die bester span was. Op die ou einde het die Griffons daardie tikkie ekstra gehad en bewys hoekom hulle boaan die punteleer lê.
Die Luiperds se ster was weer hulle kaptein Jeandre Rudolph was ‘n driekuns behaal het. Vir die Griffons het Khwezi Mkhafu, Cody-Anthony Basson (2) en Tertius Maarman drieë gaan druk.
Lees meer in komende week se Potchefstroom Herald oor die wedstryd sowel as die Luiperds se volgende kragmeting teen die Valke.



