SportSport

NWU-Pukke en Kovsies gaan in halfeindstryd slaags raak

Déjà vu is wat die NWU-Pukke moontlik hierdie komende Maandag (2 Oktober) in hulle 2017 Varsity Netbal half-eindstryd teen Kovsies in Bloemfontein gaan voel. ‘n Week gelede het die verdedigende kampioene na Bloemfontein gereis in die groepfase en Kovsies met 48-44 geklop. Nou moet hulle dieselfde pad terug na Bloem volg en weer in die …

Déjà vu is wat die NWU-Pukke moontlik hierdie komende Maandag (2 Oktober) in hulle 2017 Varsity Netbal half-eindstryd teen Kovsies in Bloemfontein gaan voel. ‘n Week gelede het die verdedigende kampioene na Bloemfontein gereis in die groepfase en Kovsies met 48-44 geklop. Nou moet hulle dieselfde pad terug na Bloem volg en weer in die Callie Human-saal wen om in die eindstryd teen moontlik Maties of Tukkies te speel.

Al het Dorette Badenhorst se onoorwonne span in haar laaste toernooi as Puk-afrigter eerste op die punteleer geëindig en tegnies in ‘n tuishalfeindstryd speel, kan hulle nie, omdat Pukke geen tuisbaan het nie.

As ‘n mens na die vormboeke kyk, sal Pukke weer as oorwinnaars uit die stryd tree indien hulle kophou en hulle intensiteit en doelgerigtheid hoog op prys stel.

Volgens NWU-Pukke kaptein, Chanté Bester, is die spaneenheid uitstekend en al die rondrits na wegwedstryde het hulle egter nader aan mekaar gebring.

“Ons is baie opgewonde oor die semi-finaal en alhoewel ons weer moet reis, sien ons dit as ‘n positiewe ding omdat die bustrippies ons ekstra tyd gee om meer as ‘n span te heg.

“Ons gaan beslis daarop fokus om ritme regdeur die vier kwarte te hou. Ek dink ook ons gaan daarop fokus om meer balbesit te hou en minder omgekeerde besit teen ons te hê.”

Bester noem ook dat hulle beslis harde werk sal moet insit om foute van die vorige wedstryd te herstel en hul spelvlak te verhoog.

“Ons het die vorige wedstryd gesukkel, so as ‘n span sal ons gaan kyk wat gewerk het en wat nie en fokus op dit wat gewerk het.”

Die wedstryd word regstreeks, Maandag 2 Oktober om 19:00 op Supersport 210 uitgesaai.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button