Gimmies se eerstes deur na Noordwes Krieketfinaal danksy Botha se seskuns
Gimmies se eerste krieketspan was die afgelope Saterdag soos gewonde leeus teen Hoërskool Rustenburg in die Noordwes Superliga semi-finaal nadat hulle die vorige week teen dieselfde span met 23 lopies verloor het. Rustenburg het duidelik op verkeerde tone getrap met hulle oorwinning en het die afgelope Saterdag ‘n duur les geleer toe Gimmies gebrul het …
Gimmies se eerste krieketspan was die afgelope Saterdag soos gewonde leeus teen Hoërskool Rustenburg in die Noordwes Superliga semi-finaal nadat hulle die vorige week teen dieselfde span met 23 lopies verloor het.
Rustenburg het duidelik op verkeerde tone getrap met hulle oorwinning en het die afgelope Saterdag ‘n duur les geleer toe Gimmies gebrul het en hulle met 5 paaltjies geklop het om sodoende hul plek in die eindstryd te verseker.
Jacques Botha was Gimmies se held met die rooi bal en hy het soos “Orkaan Jacques” verwoesting gesaai met 6/19 in 6.5 boulbeurte om Rustenburg vir 70 almal uit te boul. Botha het goeie ondersteuning van Marco Jansen 2/17 gekry.

Gimmies het ook effens met die kolf gesukkel en in ‘n stadium op 17/3 gesteier.
Duan Jansen was die hooflopiemaker vir Gimmies met 23 lopies. Rustenburg het hulself ook in die voet geskiet toe hul 26 ekstras afgestaan het.
Gimmies se o.15A-span het wel hul halfeindstryd teen Hoërskool Rustenburg met 187 lopies verloor. Rustenburg het eerste gekolf en 229/8 aangeteken. Gimmies is toe vir ‘n skamele 42 lopies uitgeboul.



