SportSport

NWU Swemmers skitter by USSA’s

Die NWU se swemspan het tydens die Suid-Afrikaanse universiteit swemkampioenskappe 2017 wat van 22 tot 24 September gehou is, gewys van watter staal hulle gemaak is. Die span het ’n baie verdienstelike vierde plek tydens hierdie nasionale prestige byeenkoms behaal. Tien universiteite se swemspanne het deelgeneem. Dit is vanjaar deur die Universiteit van Pretoria aangebied. …

Die NWU se swemspan het tydens die Suid-Afrikaanse universiteit swemkampioenskappe 2017 wat van 22 tot 24 September gehou is, gewys van watter staal hulle gemaak is.

Die span het ’n baie verdienstelike vierde plek tydens hierdie nasionale prestige byeenkoms behaal. Tien universiteite se swemspanne het deelgeneem. Dit is vanjaar deur die Universiteit van Pretoria aangebied.

Van Zyl Brand, Abie van Oort, Franco van Niekerk, Ilse Marie Langenhoven, Courtney van Biljon, Licinda Kleynhans, Francois Snyman, Lizel van Niekerk, Cornell Loubser, Samantha Blaauw, Danielle Luyt, Nadia Blaauw, Reino von Wielligh, Maryke Botha en MJ Koekemoer.
Van Zyl Brand, Abie van Oort, Franco van Niekerk, Ilse Marie Langenhoven, Courtney van Biljon, Licinda Kleynhans, Francois Snyman, Lizel van Niekerk, Cornell Loubser, Samantha Blaauw, Danielle Luyt, Nadia Blaauw, Reino von Wielligh, Maryke Botha en MJ Koekemoer.

Nadia Blaauw, een van NWU se blinkste swemsterre en NWU-swemkampioen, het in die 200m-rugslag – wat sy loshande gewen het – geskitter. Sy het ook twee tweede plekke in 200m-vryslag en 100m-rugslag losgeswem en twee derde plekke in die 400m-vryslag en 800m-vryslag behaal. Nadia is bekroon as die naasbeste dameswemmer van die Suid-Afrikaanse universiteit-swemkampioenskappe 2017.

“Dit was ‘n baie lekker ervaring gewees. Ek het dit nie verwag nie, so ek is baie bly daaroor. Dit maak my opgewonde vir die swemseisoen wat voorlê,” het Blaauw genoem.

Nadia Blaauw was as naasbeste vroueswemmer by USSA's aangewys.
Nadia Blaauw was as naasbeste vroueswemmer by USSA’s aangewys.

Cornel Loubser, NWU-swem se dubbel silwermedaljewenner van 2017 se Dowe Olimpiese Spele, het haar ook baie goed van haar taak gekwyt deur twee derde plekke te behaal. Courtney van Biljon se twee tweede plekke hou baie belofte vir die toekoms in.

NWU-swem se afrigter en sportwetenskaplike, Marike van Oort, het gesê sy is baie trots op die NWU-swemmers, aangesien hulle hulle man teen baie groot name soos onder andere Myles Brown en Tatjana Schoenmaker in Suid-Afrikaanse- en internasionale swem gestaan het.

Die volgende NWU swemmers is almal onder die top 10 swemmers van die Suid-Afrikaanse universiteit-swemkampioenskappe 2017:

Nadia Blaauw, Samantha Blaauw, Van Zyl Brand, Licinda Kleynhans, Cornell Loubser, Courtney van Biljon, Franco van Niekerk, Abie van Oort en Reino von Wielligh.

Hierdie puik vertoning van NWU-swem is volgens Van Oort te danke aan harde werk, toewyding, geslaagde swemprogramme en ’n spanpoging waartoe elke NWU-swemmer bygedra het. Puksport en die Kleynhans-gesin word ook in die besonder bedank vir hulle aandeel in die NWU swemmers se suksesvolle deelname aan vanjaar se Suid-Afrikaanse universiteit-swemkampioenskappe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button