Mielieland Rolbaltoernooi lok weer van die land se beste rolbalspelers
Chris de Witt en sy span van die Potchefstroom Buiteklub se rolbal seksie, wat ook bestaan het uit sy seun Michael en twee veterane Mof Oosthuizen en Alret Barnard, het ‘n verdienstelike derde plek behaal in die mans-afdeling van die Mielieland Rolbaltoernooi. Dit is verlede naweek op die bane van die Potchefstroom Buiteklub, Potchefstroom Dorp, …

Chris de Witt en sy span van die Potchefstroom Buiteklub se rolbal seksie, wat ook bestaan het uit sy seun Michael en twee veterane Mof Oosthuizen en Alret Barnard, het ‘n verdienstelike derde plek behaal in die mans-afdeling van die Mielieland Rolbaltoernooi.
Dit is verlede naweek op die bane van die Potchefstroom Buiteklub, Potchefstroom Dorp, Parys en Strathvaal gespeel.
Daar het in totaal 84 spanne gespeel. Die spelers het van sover as Botswana en Namibië gekom. Daar was ook spanne van die Noord-Kaap, Pretoria, Oos Rand, Vrystaat en Johannesburg.
Die Mielieland is die grootste vriendskaplike rolbaltoernooi in die binneland van Suid-Afrika. Die hooforganiseerder en ook NW Rolbal se President, Jan Koekemoer, het aangedui dat daar baie goeie rolbal gespeel is. “Die spelers het die toernooi baie geniet en te kenne gegee dat hulle beslis weer volgende jaar gaan speel. Sommige spanne het reeds bespreek om hul plek te verseker. Die totale prysgeld was R30 000. Die hoofborg was die sekuriteitsmaatskappy PhiriPhiri, wat besig is om hulself in Noordwes te vestig.
“Daar was ook verskeie borge wat kontant en goedere geborg het waarvoor ons innig dankbaar was,” sê Koekemoer. Die Mielieland bring heelwat kontant na Potchefstroom, Stilfontein en Parys. Koekemoer bedank graag almal wat ‘n bydrae gelewer het.



