Volkies se o.15 krieketspanne is NW-kampioene
Volkies se o.15 A- en B-spanne kan mekaar op die skouer klop na twee fantastiese oorwinnings in hulle Noordwes eindstryde. Hierdie oorwinnings bewys ook dat Volkies beslis talent vir die toekoms het met dié juniors wat laat waai met kolf en bal. Die o.15 A-span het vir Rustenburg op Volkies se B-veld met 5 paaltjies …
Volkies se o.15 A- en B-spanne kan mekaar op die skouer klop na twee fantastiese oorwinnings in hulle Noordwes eindstryde. Hierdie oorwinnings bewys ook dat Volkies beslis talent vir die toekoms het met dié juniors wat laat waai met kolf en bal.
Die o.15 A-span het vir Rustenburg op Volkies se B-veld met 5 paaltjies geklop, danksy ‘n puik boulvertoning van Gerhard Visser (3/44) sowel as Wendel Osuala (2/22) wat die besoekers tot 159 almal uit beperk het.
Volkies het toe die totaal van 150 nagejaag met Niel van Vuuren 40 (54) en Christopher de Freitas wat met ‘n blitsige 38 (18) hul span deurgedra het.
Die o.15 B-span het Hoërskool Ferdinand Postma se A-span met 6 paaltjies geklop nadat Waldu Kemp (2/33) en Julian Enslin (3/26) vroeg skade gemaak het in Ferdies se eerste beurt van 121 almal uit. Ferdies se uitblinker was Leniel Swart wat ‘n goeie 40 (49) aangeteken het.
Dit was ook weer dieselfde Enslin met 27* (39) en Waldu Kemp met 44 (55) wat Volkies se helde met die kolf was, nadat Volkies ’n swak begin gehad het. Marco Botha was Ferdies se klas-A bouler met 3/29.



