SportSport

Griffons vier twee titels in ‘n ry teen die Luiperds

Die telbord lees 60-36 in die Griffons se guns na Vrydagmiddag (20 Oktober) se Curriebeker Eerste Divisie eindstryd tussen die Griffons en die Luiperds wat in Welkom plaasgevind het. Die Griffons is sodoende vir die tweede jaar in ‘n ry as Curriebeker Eerste Divisie kampioene gekroon. Tog kan die Luiperds ongelukkig voel as hulle in …

Die telbord lees 60-36 in die Griffons se guns na Vrydagmiddag (20 Oktober) se Curriebeker Eerste Divisie eindstryd tussen die Griffons en die Luiperds wat in Welkom plaasgevind het. Die Griffons is sodoende vir die tweede jaar in ‘n ry as Curriebeker Eerste Divisie kampioene gekroon. Tog kan die Luiperds ongelukkig voel as hulle in retrospek na die telbord kyk, veral nadat hulle op ‘n stadium 31-25 voorgeloop het in die tweede helfte.

Die Griffons het wel die beste van die twee spanne begin toe hulle soos ‘n warrelwind die Luiperds omgewaai het vir ‘n 22-0 voorsprong. Hier het die Griffons se Tertius Maarman, Duan Pretorius en Vincent Maruping uitstekende hardlooprugby gespeel.

Die Luiperds het toe wel stelselmatig aan die gang gekom met Jimmy Mpailane en losskakel Gerhard Nortier wat vir die besoekers voor rustyd gaan druk het.

Na rustyd het die Luiperds drie vinnige drieë gaan druk met Gene Willemse, Dane van der Westhuyzen en Gideon van der Merwe wat hulle name op die telbord gaan plaas het.

Die Luiperds was nou vol selfvertroue , maar sodoende het hulle ook konsentrasie verloor en die Griffons toegelaat om die laaste sê te hê.

In ‘n laaste 20 minute wat die Luiperds eerder sal wil vergeet het die Griffons-blitzkrieg op hulle toegesak en ‘n 6 punt voorsprong het skielik in ‘n 29 punt agterstand ontaard. Griffons skrumskakel Sherwin Cupido en Maruping sowel as die indrukwekkende Neil Claasen het gesorg dat die Perstruie op tuisveld sou feesvier waar hulle met puik aanvallende spel, sowel as swak verdediging die Luiperds oopgekerf het.

Die Luiperds sal wel terugkyk na hierdie wedstryd waar hulle in kort stadiums puik rugby gespeel het, maar nie konstant  druk op die Griffons kon plaas nie. Te veel foute op kritieke tye het hulle gekos – iets wat jy nie teen ‘n kampioenspan soos die Griffons kan doen nie.

Punte:

Griffons: 60 (25)

Drieë: Neil Claassen, Jaun Kotze, Tertius Maarman (2), Duan Pretoruis, Vincent Maruping (2), Shirwin Cupido.

Doelskoppe: Jaun Kotze (7).

Strafskoppe: Jaun Kotze (2).

Leopards: 36 (12)

Drieë: Dane van der Westhuyzen, Jeandre Rudolph, Gerhard Nortier, Gene Willemse, Jimmy Mpailane, Gideon Van der Merwe.

Doelskoppe: Gerhard Nortier (3).

Kyk die foto’s hier:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button