SportSport

Gimmies druk atletiekstempel af by NWU Top 30

Die NWU Top 30 Atletiekbyeenkoms op die Puk McArthur Atletiekstadion het weer die room van die land se skoleatlete teen mekaar te staan gebring. Die Potchefstroomse skole het beslis ook hulle sê in sake gehad. Potchefstroom Gimnasium, Hoër Volkskool Potchefstroom, Potchefstroom Boys High en Potchefstroom Girls High se atlete het te midde van die strawwe …

Die NWU Top 30 Atletiekbyeenkoms op die Puk McArthur Atletiekstadion het weer die room van die land se skoleatlete teen mekaar te staan gebring. Die Potchefstroomse skole het beslis ook hulle sê in sake gehad.
Potchefstroom Gimnasium, Hoër Volkskool Potchefstroom, Potchefstroom Boys High en Potchefstroom Girls High se atlete het te midde van die strawwe kompetisie, vir ‘n paar puik vertonings gesorg.

Foto’s: Mario van de Waal

Veral Gimnasium het oudergewoonte die meeste atlete gehad wat podiumplekke behaal het.
Gimmies was die enigste Potch-skool wat in die A-afdeling deelgeneem het en het ‘n skaflike 11de plek algeheel behaal.
Die volgende Gimmie-atlete spog ook met ses items van meer as 1 000 punte by die Top 30 byeenkoms.
Almero Niemann het (1 141 punte vir diskus seuns o.15), Karmen Fouché (1 089 punte vir verspring dogters o.14), Wian Oosthuizen (1 066 punte vir 100m seuns o.14 en 1 015 punte vir 200m seuns o.14), Danielle Verster (1 018 punte vir 800m dogters o.14) en Miandi van Staden (1 012 punte vir 100m dogters o.15) behaal. Verder is daar ook 15 prestasies van 900 en meer punte, asook 18 prestasies van 800 en meer punte wat behaal is.
Volkies se Cara du Preez het verwoesting gesaai in die 3000m vir dogters o.16 met ‘n puik eerste plek, Idele du Toit (2de in hamergooi vir dogters o.15) en Robert de Villiers (2de in die seuns o.19 myl). Vir Potch Boys High het Paballo Maimane ‘n puik tweede plek in die seuns o.19 110m hekkies behaal. Algeheel het Prestige College eerste in die A-afdeling geëindig.
Helpmekaar Kollege en Hoërskool Menlopark het onderskeidelik die tweede en derde plekke beklee.

Foto’s: Wouter Pienaar

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button