SportSport

Walt Steenkamp kry top toekenning by NWU Rugbyinstituut

Dit was gepas dat die talentvolle slot, Walt Steenkamp die legendariese Johan Claassen-trofee vir die NWU-Puk Rugbyinstituut se Speler van die Jaar gisteraand (26 Oktober) ontvang het. Claassen word as een van die beste slotte van alle tye onthou en vir Steenkamp is hierdie ‘n groot eer om tussen ander groot name ook as die …

Dit was gepas dat die talentvolle slot, Walt Steenkamp die legendariese Johan Claassen-trofee vir die NWU-Puk Rugbyinstituut se Speler van die Jaar gisteraand (26 Oktober) ontvang het.

Claassen word as een van die beste slotte van alle tye onthou en vir Steenkamp is hierdie ‘n groot eer om tussen ander groot name ook as die wenner van hierdie trofee gesien kan word.

By hierdie prestige funksie het Steenkamp ook met die trofee vir Varsitybeker se Speler van die Jaar weggestap na hy ‘n uitstekende seisoen beleef het.

Dit was werklik ‘n aand vir die slotte met sy spanmaat Loftus Morrison wat as die Spelers se Speler van die Jaar sowel as Voorspeler van die Jaar toekennings verwerf het.

Natuurlik was die seëvierende Pirates Grand Challenge Puk 1 span onder leiding van Burger van der Westhuizen as hoofafrigter ook vereer. Van der Westhuizen is as Afrigter van die Jaar aangewys terwyl sy span as Span van die Jaar aangewys is.

Tapiwa Mafura het vir sy systap en aanskoulikheid op die aanval ook ‘n toekenning verower.

Die vlugvoetige Ryno Wepener het ook vir sy drie in die PCG eindstryd teen UJ ‘n toekenning ontvang vir oomblik van die seisoen.

Die jong Janlu Steenkamp het met die o.19 Speler van die Jaar Toekenning weggestap.

*Lees meer in komende week se Potchefstroom Herald

Foto’s: Mario van de Wall

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button