Schlebusch kraai weer koning in 2017
In die laaste vier weke van die wedvlugseisoen het Kirsten hokke met die kombinasie van Johan en Gerhard Kirsten van Potchefstroom Posduifklub, die ongelooflike prestasie behaal deur die wedvlugte vanaf Beaufort-Wes (762km), Leeu Gamka (832km) en Matjiesfontein (957km) al ses die wedvlugte wat ope 1 en ope 2 insluit, te buit! Slegs Salty & Lettie, …

In die laaste vier weke van die wedvlugseisoen het Kirsten hokke met die kombinasie van Johan en Gerhard Kirsten van Potchefstroom Posduifklub, die ongelooflike prestasie behaal deur die wedvlugte vanaf Beaufort-Wes (762km), Leeu Gamka (832km) en Matjiesfontein (957km) al ses die wedvlugte wat ope 1 en ope 2 insluit, te buit! Slegs Salty & Lettie, Faan de Beer en Nic Stassen kon werklik teenstand bied.
Tydens die Gold Cup wedvlug vanaf Matjies het Kirsten behoorlik gemors met die manne deur plekke 1, 2, 4, 5 in ope 1 en plekke 1, 2 en 3 in ope 2 te verower. ‘n Groot teleurstelling was die min deelnemers in die laaste drie weke van die seisoen! Week 18 se Beaufort-Wes vlug is onderskeidelik deur Nic Stassen en Faan de Beer gewen.
By Mooirivier Resiesduifklub het prokureur Hennie Aucamp baie sterk sy stempel afgedruk in die wedvlug vanaf Beaufort-Wes met sy eerste en tweede plek! Arrie Marais het in ope 2 ook die eerste twee plekke syne gemaak. In week 16 vanaf Leeu Gamka in wedvlug 1 vlieg Schlebusch voor, Marais tweede en Aucamp derde.
In ope 2 is Marais weer voor, Oom Theo Mienie tweede en Riaan Grobler derde. In die Gold Cup wedvlug vanaf Matjies, wys Oom Theo Mienie hy is nog lank nie koud nie deur die gesogte titel te verower. Aucamp jaag hom, met Riaan Grobler derde. Suidwester Willem Moolman wen ope 2 asook die derde plek. Aucamp wys reeds hier dat hy sterk aanspraak maak op die langpad-titel deur hier tweede en derde te eindig! In die laaste wedvlug van die seisoen vanaf Beaufort-Wes maak Arrie Marais dit ‘n dubbel deur beide vlugte te buit! Marais se “B” span eindig tweede en Schlebusch derde tot vyfde. In die ope 2 vlug eindig Schlebusch tweede en Moolman derde!
M.R.K se finale punte lyk soos volg:
Opeafdeling: Schlebusch 1954, Moolman 1379, Aucamp 1376.
Klubkampioen: Schlebusch 3406, A.S. Marais 2003, Aucamp 1998.
P.P.K se finale punte lyk soos volg:
Opeafdeling: Faan de Beer 2908, Nic Stassen 2729, Salty & Lettie 2672.
Klubkampioen: Faan de Beer 3665, Nic Stassen 3602, Kiewiet & Christo 3497.
Langpad – Kirsten Hokke 1960, Nic Stassen 1937 en Faan de Beer 1858.
Middepad – Kiewiet & Christo 1883, Sarel Naude 1167 en Faan de Beer 1084.
Al die Westelike Posduif Unie titels gaan vanjaar aan Potchefstromers.
W.P.U kampioene:
Opekampioen, Uniekampioen & meeste wenne: Johan Schlebusch.
Langpadkampioen: Hennie Aucamp,
Junior kampioen: Marliana Grobler
Kampioenklub: P.P.K




