SportSport

Rondomtalie ‘n hoogtepunt vir Buiteklub

Potchefstroom Buiteklub het Saterdag 14 Oktober ’n tennisrondomtalie by die klub aangebied. Die wenner was Attie Viviers met Gerrit Els tweede en Dolf van der Bergh derde. Volgens die voorsitter van Potch Buiteklub (tennis), Pieter de Klerk, was dit beslis ’n hoogtepunt op vanjaar se tenniskalender. “Na die dag se spel het ons met ’n …

Potchefstroom Buiteklub het Saterdag 14 Oktober ’n tennisrondomtalie by die klub aangebied.

Die wenner was Attie Viviers met Gerrit Els tweede en Dolf van der Bergh derde. Volgens die voorsitter van Potch Buiteklub (tennis), Pieter de Klerk, was dit beslis ’n hoogtepunt op vanjaar se tenniskalender.

“Na die dag se spel het ons met ’n heerlike braai afgesluit en al was almal se knieë lam na die dag se uitputtende spel, het almal lekker om die vure gekuier.

“Potch Buiteklub (tennis), bedank graag vir NTT Volkswagen vir die borg van die dag, in besonder vir Su-Marie Erasmus,” sê De Klerk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button