SportSport

De Villiers haal oefengroep vir 2018 wêreldkampioenskappe

Potchefstroom Volkskool se SA kampioen in die 2000 en 3000 meter hindernis, Robert de Villiers, is vir sy uitstekende atletiekjaar in 2017 beloon. De Villiers is in die ASA voorbereidingsgroep vir die 2018 IAAF Junior Wêreldkampioenskappe ingesluit wat vanaf 10 tot 16 Julie in Tampere, Finland gaan plaasvind. Hierdie groep bestaande uit 38 atlete, sal …

Potchefstroom Volkskool se SA kampioen in die 2000 en 3000 meter hindernis, Robert de Villiers, is vir sy uitstekende atletiekjaar in 2017 beloon.
De Villiers is in die ASA voorbereidingsgroep vir die 2018 IAAF Junior Wêreldkampioenskappe ingesluit wat vanaf 10 tot 16 Julie in Tampere, Finland gaan plaasvind. Hierdie groep bestaande uit 38 atlete, sal dan in Maart en April verkort word wanneer die voorlopige en finale groepe gekies word.
Hy is die enigste atleet van Atletiek Sentraal Noordwes (ASNW) wat in hierdie gesogte groep junior atlete ingesluit is. Die kanse is goed dat De Villiers volgende jaar nog beter kan doen en in sy matriekjaar verdere hoogtes sal bereik. By die 2017 Wêreldkampioenskappe in Kenia het De Villiers ’n algehele 11de plek behaal, wat ’n uitmuntende prestasie is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button