NWU struikel teen Maties in Varsity Sewes-toernooi
Die NWU se Varsity Sewes-span het vanjaar by die jaarlikse Varsity Sewes-toernooi wat vanaf 1-3 Desember in Durban gehou is, die vierde plek behaal na ‘n naelskraap nederlaag van 19-24 teen Maties. Die Universiteit van Johannesburg (UJ) het die toernooi gewen met ‘n 32-5 oorwinning teen die Shimlas in die eindstryd. Die NWU het op …

Die NWU se Varsity Sewes-span het vanjaar by die jaarlikse Varsity Sewes-toernooi wat vanaf 1-3 Desember in Durban gehou is, die vierde plek behaal na ‘n naelskraap nederlaag van 19-24 teen Maties.
Die Universiteit van Johannesburg (UJ) het die toernooi gewen met ‘n 32-5 oorwinning teen die Shimlas in die eindstryd. Die NWU het op sigself ‘n sterk toernooi beleef en kan ongelukkig voel dat die bal nie vir ‘n slag in hierdie opwindende formaat na hulle kant toe gespring het nie.
Lungelo Gosa en Diederik Oberholzer was twee van die NWU se staatmakers in dié toernooi wat met hulle spoed en balvaardighede naam gemaak het. Hul oog vir die gaping en vlugvoetigheid het vir baie teenstanders nagmerries gegee en hul kan met reg tevrede wees met hul vertonings.
In die uitspeelwedstryd teen Maties wat NWU met vyf punte verloor het, het Maties danksy ‘n 10-punt-drie van Romario Abrahams, die voortou met 17-0 geneem. NWU het goed teruggeveg, maar op die ou einde was die agterstand net te veel.
NWU 10 – UWC 7
NWU 19 – Maties 7
NWU 19-12 Tuks










