SportSport

NWU swemmer gaan 16 myl by Midmar aanpak vir natuurbewaring

‘n NWU-student en ervare swemmer aan dié universiteit se swemklub, wil letterlik die ekstra myl gaan om ‘n daadwerklike verskil in natuurbewaring te maak. Reino von Wielligh, ’n meestersgraadstudent in ingenieurswese wat in telekommunikasie spesialiseer, gaan op 10 en 11 Februarie aan die Midmar Myl se 16-myl liefdadigheids-swem deelneem om fondse vir DUCT (Duzi Umngeni …

‘n NWU-student en ervare swemmer aan dié universiteit se swemklub, wil letterlik die ekstra myl gaan om ‘n daadwerklike verskil in natuurbewaring te maak.

Reino von Wielligh, ’n meestersgraadstudent in ingenieurswese wat in telekommunikasie spesialiseer, gaan op 10 en 11 Februarie aan die Midmar Myl se 16-myl liefdadigheids-swem deelneem om fondse vir DUCT (Duzi Umngeni Conservation Trust) in te samel.

Von Wielligh, wat oorspronklik van Amanzimtoti in KwaZulu-Natal afkomstig is, se doelwit is om R20 000 in te samel om ‘n daadwerklike verskil in die Duzi- en Umgeni riviere te maak. Hy het tans net meer as R5 000 ingesamel en het die publiek se hulp nodig om hom in sy veldtog te ondersteun.

“My doel is om R20 000 in te samel. Dit is die minimum wat gestel is deur die aQuelle Midmar Myl, en as ek minder as R20 000 insamel, is ek verantwoordelik vir die verskil. Ek hoop dat individue en besighede wat die berig lees, betrokke sal raak,” noem hy.

Volgens Von Wielligh het sy 18 jaar lange liefde vir swem en veral in oopwater swem hom gepoog om ‘n verskil te maak in ons land se riviere.

“Omdat ek ‘n oopwater-swemmer is, het ek al in verskeie damme regoor Suid-Afrika geswem. Ek kan nie verstaan hoe van hierdie damme se water so skoon kan wees, maar die riviere wat deur hulle gevoed word, so vuil en besoedel is nie. DUCT doen uitmuntende werk om die Duzi- en Umgeni riviere skoon te hou en ons natuurlike hulpbronne te beskerm. Al hoe hulle dit kan doen, is met geld. Dus het ek besluit om vir DUCT geld in te samel. En al hoe ek dit kan doen is deur iets waarvan ek hou,” verduidelik Von Wielligh wat reeds vir ses jaar by die NWU Swemklub betrokke is.

Hierdie student en kranige swemmer meen ook dat dit noodsaaklik is om die wêreld se natuurlike hulpbronne te beskerm en te volhou, veral met die oogpunt op water.
“Elkeen kan help deur net sy eie rommel beter te bestuur en seker te maak dat dit nie in ons rivier sisteme eindig en natuurlike hulpbronne besoedel nie. Ek haal graag DUCT se motto aan: “Healthy rivers = Healthy People”
Von Wielligh noem dat hy juis hierdie liefdadigheidsveldtog geniet aangesien hy dit met sy passie vir swem aanpak.

“Om fondse vir liefdadigheid in te samel is nie altyd die maklikste taak nie en ek hou altyd van nuwe uitdagings. Ek voel al hoe ek ‘n positiewe impak kan maak, is as ek myself sowel as ander mense uitdaag om betrokke te raak.”

Von Wielligh is nou hard aan die oefen om seker te maak dat hy fisies en geestelik gereed is vir die 16 myl swem.
“Ek oefen tans ‘n gemiddeld van 8km per dag en kyk daarna om dit in Desember op te stoot na 10-12km per dag. Ek moet sê dat die feit dat ek weet ek kan ‘n verskil maak met iets waarvan ek hou, my motiveer om net meer en harder te oefen,” voeg hy by.
Om Von Wielligh se projek te ondersteun besoek:

www.kydrin.co.za/goals/View/250 of voltooi ‘n EFT aan Von Wielligh by:
Bank: FNB
Rekeningnommer: 62354140396
Takkode: 250655
Verwysing: 16 Naam & Van
Vir meer inligting, kontak Von Wielligh by 082 389 7905 of per e-pos by reinovw@live.com.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button