Great Brick Run gaan weer ’n groot hoogtepunt wees
Die jaarlikse Berts Bricks Great Brick Run 5, 10 en 21 km-padwedloop vind eerskomende Saterdag 20 Januarie weer in Potchefstroom plaas. Die wedloop gaan oudergewoonte weer by die Potchefstroom Dorp Rugbyklub langs Olënpark begin. Die wegspring vir die hardlopers van die 10- en 21 km is om 06:30 en die 21 km stappers spring reeds …

Die jaarlikse Berts Bricks Great Brick Run 5, 10 en 21 km-padwedloop vind eerskomende Saterdag 20 Januarie weer in Potchefstroom plaas.
Die wedloop gaan oudergewoonte weer by die Potchefstroom Dorp Rugbyklub langs Olënpark begin.
Die wegspring vir die hardlopers van die 10- en 21 km is om 06:30 en die 21 km stappers spring reeds om 06:00 weg. Daar is ook ‘n “fun run” van 5 km wat om 06:40 wegspring. Wat die wedloop uniek maak, is die feit dat die eerste 100 atlete wat op die draaipunt van die 21,1km ’n gemerkte baksteen by Berts Brick fabriek optel en die wedloop daarmee voltooi, ’n sespak bier ontvang.
Die inskrywings vind reeds vanaf 05:15 by die wegspring plaas en atlete kan ook Vrydagaand tussen 17:00 en 18:00 by die stadion inskryf. Daar is trekpryse, kategoriepryse en medaljes vir al die deelnemers.
Die koste is as volg: 21,1 km kos R100, 10km – R60 en die 5km – R30. As jy nie ‘n 2017/8 lisensienommer vir die 10 km en 21 km wedlope het nie, moet jy ’n tydelike lisensienommer teen R30 koop.
Vir nadere besonderhede kan jy Cheri Oosthuizen by 082 827 9153 of Chantelle Pat by 073 466 9158 kontak.



