SportSport

NWU op die regte spoor na hulle Tukkies in oefenwedstryd klop

Met die slegs 11 dae voor die Varsitybeker begin het die NWU-Puk span met ‘n 10 uit 10 vertoning hulle intensies teen Tukkies met ‘n 34-19 oorwinning gistermiddag in Potchefstroom beklemtoon. Die NWU het in die vuurwarm hitte op die veld gekook en het ‘n paar goeie tekens op beide aanval en verdediging bewys. Hulle …

Met die slegs 11 dae voor die Varsitybeker begin het die NWU-Puk span met ‘n 10 uit 10 vertoning hulle intensies teen Tukkies met ‘n 34-19 oorwinning gistermiddag in Potchefstroom beklemtoon.

Die NWU het in die vuurwarm hitte op die veld gekook en het ‘n paar goeie tekens op beide aanval en verdediging bewys. Hulle was ook koel en kalm in druksituasies en dit sal Jonathan Mokuena gerus stel met die oog op die toernooi wat Maandag 29 Januarie begin.

Die opwindende flank, Estehan Visagie het vir die tuisspan die eerste drie gedruk, met die agterlyn sterre, Dean Stokes, Dean Gordon, Tapiwa Mafura en Evardi Boshoff wat agter die drielyn gaan kuier het.

Tukkies kon net drie drieë in die wedstryd druk en het ook vele kanse verspeel, wat dalk te danke aan die warm temperature en gebrek aan wedstrydfiksheid was.

Nietemin sal hierdie oorwinning goeie selfvertroue vir die NWU wees, veral dat hulle die verdedigende kampioen kon klop, wie verlede jaar hulle uit die kompetisie geboender het.

Foto’s: Wouter Pienaar

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button