SportSport

Noordwes rolbal se eerste balle word Saterdag gerol

Noordwes rolbal se 2018 seisoen begin Saterdag met die mans- en vroue-pare kampioenskap. Die stad se twee klubs is gashere vir die seksies wat mekaar Saterdag pak. Die seksies spook sake uit en die seksiewenners begin Sondag met hulle eerste uitspele, met die finale uitspele op 27 Januarie. Die 33 vroue-pare speel Saterdag by Potchefstroom …

Noordwes rolbal se 2018 seisoen begin Saterdag met die mans- en vroue-pare kampioenskap. Die stad se twee klubs is gashere vir die seksies wat mekaar Saterdag pak.
Die seksies spook sake uit en die seksiewenners begin Sondag met hulle eerste uitspele, met die finale uitspele op 27 Januarie.
Die 33 vroue-pare speel Saterdag by Potchefstroom Rolbalklub en by Strahvaal. Sondag se uitspele is by Potch Dorp. 44 manspanne het ingeskryf. Die seksies pak mekaar Saterdag by Klerksdorp Rolbalklub en by die Potchefstroom Buiteklub (PCC). Sondag se eerste uitspele tussen die seksiewenners vind by Klerksdorp se bane plaas.
Die stad se drie klubs het agt vrouespanne ingeskryf: vier van Potchefstroom Rolbalklub, drie van die Buiteklub (PCC) en een van Weermag.
Daar is ook agt manspanne in aksie: vyf van die Buiteklub en drie van Potch Dorp.
Klerksdorp Rolbalklub het weer sy status as die provinsie se grootste klub onderstreep met 26 spanne in die kampioenskap: 9 vrouespanne en 17 man-spanne. Ander klubs in die KOSH gebied staan ook sterk.
Strathvaal het drie mans- en vier vrouespanne, Orkney het ‘n vrouespan en twee manspanne. Daar is ‘n pragtige herlewing in rolbal in die Noordwes platteland, met inskrywings uit Ventersdorp, Koster, Coligny, Lichtenburg en Mahikeng.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button