SportSport

By Volkies krieket is die Kaap steeds Hollands

Die afgelope vakansie het Volkies se eerste krieketspan ‘n baie suksesvolle toer na Kaapstad onderneem. Hierdie toer het as voorbereiding gedien vir die Finsbury A- liga wat tydens die eerste kwartaal plaasvind. As die enigste Noordwes skool in die A-liga, speel Volkies teen Waterkloof, Menlopark, Monument, Nelspruit en Garsfontein. Buiten die vier krieketwedstryde is daar …

Die afgelope vakansie het Volkies se eerste krieketspan ‘n baie suksesvolle toer na Kaapstad onderneem. Hierdie toer het as voorbereiding gedien vir die Finsbury A- liga wat tydens die eerste kwartaal plaasvind.
As die enigste Noordwes skool in die A-liga, speel Volkies teen Waterkloof, Menlopark, Monument, Nelspruit en Garsfontein.
Buiten die vier krieketwedstryde is daar tyd gemaak vir ‘n dag op Nuweland en ‘n dag om die mooie Kaap te geniet. Die eerste wedstryd teen Brackenfell is met 6 paaltjies gewen deur Volkies. Dit was veral André Taljaard met 3/12 in 5 beurte en André Steyn met 2/14 wat skade aangerig het. Christiaan Bester het met ‘n goeie 50-tal seker gemaak Volkies wen gemaklik. Tydens die volgende wedstryd teen Belville het Martin Fourie, die kaptein, ‘n vinnige 116 van 85 balle geslaan. Martin se 100-tal, 59 van 45 balle van Lucian Coakley en ‘n onoorwonne 30 van André Steyn het Volkies in staat gestel om 334 aan te teken. Belville kon slegs 154 aanteken. Awie Visser met 3/40 was Volkies se beste bouler. Volkies het Stellenberg met 200 lopies gewen. Nadat Volkies 242 aangeteken het, kon Stellenberg net 42 lopies behaal. Awie Visser was die beste kolwer met 54 lopies en Jannie Claassens het 3/7 met die bal geneem.
Kimberley Boys High was geen kompetisie vir Volkies nie en is uitgehaal vir 55 lopies. Jaco Viljoen het 4 paaltjies geneem sonder om ‘n lopie af te staan. Volkies het die wenlopies geslaan met net een paaltjie plat. Niël van Vuuren het 34 * aangeteken.

Mall

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button