SportSport

Puik in Pers!

Die gees op die Fanie du Toit Sportgronde tydens Varsitybekerwedstryde is weer terug nadat die NWU die afgelope Maandag hulle bekerdroom met ‘n oortuigende 70-7 oorwinning teen die beleërde CUT beklemtoon het. In hulle nuwe wit en pers truie het kaptein Tiaan Bezuidenhout en sy spelers vir CUT met ‘n paar pimpel en pers kolle …

Die gees op die Fanie du Toit Sportgronde tydens Varsitybekerwedstryde is weer terug nadat die NWU die afgelope Maandag hulle bekerdroom met ‘n oortuigende 70-7 oorwinning teen die beleërde CUT beklemtoon het.
In hulle nuwe wit en pers truie het kaptein Tiaan Bezuidenhout en sy spelers vir CUT met ‘n paar pimpel en pers kolle na Bloemfontein teruggestuur. Vanuit die staanspoor was die tuisspan op die voorvoet. Soos ’n brandende spiritusvlam het hulle CUT verswelg. Die besoekers kon niks doen om die tuisspan se vuur te blus nie. As die NWU aanhou om so te speel, sal hul beslis een van die gunstelinge word.
Die NWU se driedrukkers was ‘n kombinasie van sterk voor- en agterlynspel met die ervare slot, Walt Steenkamp wat eerste oor die doellyn gaan kuier het. Minute later was die speler van die wedstryd, Estehan Visagie, oor vir die eerste van sy twee drieë op die aand.

Die agterlyn was ook aanskoulik met veral heelagter Tapiwa Mafura wat ‘n puik solo-drie gaan druk het toe hy die gaping soos ‘n valk raakgesien het. Die NWU het altesaam nege drieë gaan druk en slegs een drie afgestaan.
NWU afrigter, Jonathan Mokuena het Dinsdag genoem dat dit juis hierdie kombinasie van goeie aanval en uitstekende verdediging deur die loop van die wedstryd was wat hom laat glimlag het.

“Dit is beslis ‘n goeie begin in die kompetisie vir ons. Ons het daardie momentum die hele wedstryd deurgevoer. Wat my bly gemaak het was dat ons net een drie afgestaan het. Baie keer kan ‘n span hulle intensiteit laat sak as hulle ver voor is, maar die manne het aanhou veg,” het Mokuena genoem.

“Die vaste vyf het ook ongelooflike harde werk ingesit en mens kon sien dat die manne gereed was om hulle alles te gee,” het hy bygevoeg.
Volgens Mokuena is hardlooprugby ‘n sterk komponent van die NWU se spelpatroon en hy reken dat dit juis Maandagaand goed afgekom het.

“Die ouens het die bal lug gegee en die resultate was daar. Die jonger ouens het hulle hande opgesteek en die ervare manne het ook nog gewys wat hulle kan doen. Dit is nou net ‘n kwessie van aanhou harde werk insit”

Die NWU speel nie volgende Maandag in die Varsitybeker nie, aangesien hulle ‘n loslootjie het.
Volgens Mokuena is dié afweek perfek, aangesien dit van sy beseerde spelers tyd gee om volkome te herstel.
“Manne soos Wandile Mazibuko en Ryno Wepener kan dan terugkom en ons span kan vars wees. Die ander spanne gaan dan een meer wedstryd as ons gespeel het teen daardie tyd. So ek voel dis voordelig vir ons.”
*Die NWU speel hulle volgende wedstryd weg teen die UCT-Ikeys in Kaapstad op Maandag 12 Februarie en die volgende tuiswedstryd teen UJ op Maandag 19 Februarie om 19:00

Mall

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button