NWU speel maklik klaar met Madibaz in PE
Die NWU het hulle momentum in die Varsitybeker met ‘n 37-5 oorwinning teen die NMMU-Madibaz gisteraand in PE behou. In ‘n wedstryd waar die besoekers meerendeels beheer gehou het, het hulle bewys dat hulle nie geringskat kan word nie en vyf drieë vir ‘n belangrike bonuspunt oorwinning gedruk. Haker, Louis “Chuckie” van der Westhuizen het …
Die NWU het hulle momentum in die Varsitybeker met ‘n 37-5 oorwinning teen die NMMU-Madibaz gisteraand in PE behou.
In ‘n wedstryd waar die besoekers meerendeels beheer gehou het, het hulle bewys dat hulle nie geringskat kan word nie en vyf drieë vir ‘n belangrike bonuspunt oorwinning gedruk.
Haker, Louis “Chuckie” van der Westhuizen het die eerste drie gedruk en dié rooikop bou voort op sy goeie seisoen. Die regtervleuel Dean Gordon het ook agter die pale gaan kuier en is definitief een van die NWU se juwele vanjaar op die aanval. Die Madibaz se Siphumelele Msutwana het vir tuisspan hulle enigste punte in die vorm van ‘n drie aangeteken.
In die tweede helfte druk kaptein Tiaan Bezuidenhout, Dean Stokes en die ervare Chriswill September ook om ‘n verblydende 80 minute af te rond.
Na hierdie sege is die manne in pers en wit nou vierde op die punteleer met 15 punte. Sodeonde is hulle in ‘n halfeindstryd posisie na die vyfde ronde van vanjaar se kompetisie. Maties is wel steeds die voorbok op die punteleer met 22 punte terwyl die verdedigende kampioene Tukkies, steeds nog nie ‘n enkele wedstryd gewen het nie.
Die NWU gaan nou juis komende Maandagaand na Pretoria toe reis vir ‘n interessante wedstryd teen Tukkies. Hoe sake nou lyk behoort die NWU ‘n goeie kans vir ‘n oorwinning te staan.
Lees meer in hierdie Donderdag se Herald oor hierdie wedstryd tussen die NWU en Tukkies.





