SportSport

Marksman Archery mik na groot teikens

Boogskutters in die Noordwes sal met ‘n geruste hart weet dat hulle nou gereeld kompeterend sal skiet, met Marksman Archery wat beoog om elke maand topgehalte kompetisies aan te bied. Die eerste groot kompetisie hierdie maand was die onlangse Noordwes kampioenskappe wat Marksman Archery onder die South African Bowhunters Association (SABA) se vaandel aangebied het. …

Boogskutters in die Noordwes sal met ‘n geruste hart weet dat hulle nou gereeld kompeterend sal skiet, met Marksman Archery wat beoog om elke maand topgehalte kompetisies aan te bied.
Die eerste groot kompetisie hierdie maand was die onlangse Noordwes kampioenskappe wat Marksman Archery onder die South African Bowhunters Association (SABA) se vaandel aangebied het. Dit het by All Things Adventure by Stonehenge in Parys vanaf 3 tot 4 Maart plaasgevind. Sowat 70 skuts het aan hierdie kompetisie deelgeneem, met Vic Venter wat ‘n eerste plek met ‘n 94% suksessyfer behaal het.
Volgens Leon Heydenrych, eienaar van Marksman Archery, (wat ‘n 100% skietsyfer op die dag behaal het) was hierdie SABA NW kampioenskappe ‘n groot sukses met die kompetisie wat skuts buite Noordwes ook getrek het.


“Ek het baie goeie terugvoer gekry en die idee agter SABA is om daardie jagervaring te skep waar skuts na teikens in die veld van verskillende afstande af skiet. Die natuurlike elemente bied dan ook ‘n lekker uitdaging.
By hierdie kompetisie was daar beide ‘n individuele en spankompetisie gewees met die aksie wat omtrent so 3 en ‘n half ure geduur het. Elke skut kry ook net een skoot per teiken en skuts kan kies of hulle nader aan die teiken wil staan of die kans wil waag om verder te staan en dan meer punte kan kry indien hul die teiken raakskiet.


Heydenrych noem ook verder dat Marksman Archery as ‘n klub ook toenemend groei en dat hierdie kompetisies juis die lede by die klub sal stimuleer en die belangstelling verder sal laat groei.
“Ons het verskillende ouderdomme wat hier deelneem met die jongste va n6 jaar en oudste van 76 so daar is lekker verskeidenheid. Mans en vrouens is ook aktief betrokke en dit skep daardie toeganklikheid.”
Belangstellendes in boogskiet kan vir Leon Heydenrych by 083 752 2141 kontak.

Mall

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button