SportSport

Foto’s: Noordwes atlete skitter by vuurwarm SA’s in Potch

Die SA Skole Atletiekkampioenskappe het vandag (Vrydag, 23 Maart) op die Kenneth McArthur Atletiekstadion behoorlik gekook toe die son vir die eerste keer sy verskynsel op die derde dag van die byeenkoms gemaak het. Nes die vuurwarm strale het die atlete ook hulle vurige passie op die baan in Potchefstroom ten toon gestel wat toeskouers …

Die SA Skole Atletiekkampioenskappe het vandag (Vrydag, 23 Maart) op die Kenneth McArthur Atletiekstadion behoorlik gekook toe die son vir die eerste keer sy verskynsel op die derde dag van die byeenkoms gemaak het.

Nes die vuurwarm strale het die atlete ook hulle vurige passie op die baan in Potchefstroom ten toon gestel wat toeskouers soms na hulle asem laat snak het.

Vir Noordwes het KHS se Kayla van der Bergh goud in die dogters o.17 100 meter hekkies verower nadat sy en Gauteng se Antoinette van der Merwe albei tye van 13.20 in ‘n pragwedloop behaal het. Volkskool se Robbie de Villiers het ook sy tweede goud van die kampioenskappe behaal toe hy naelskraap in die 1500 meter vir seuns o.19 in die laaste 50 meter vir Omphile Molotsi agter hom gehou het. SA kampioen, De Villiers, se tyd van 3:51.75 was net-net te goed vir Molotsi wat in 3:51.96 klaargemaak het.

Gimmies se Danielle Verster het ook uitgeblink in die dogters o.15 1500 meter met ‘n 3rde plek nadat sy ‘n puik laaste 200 meter gehardloop het.

Gimmies se Donevan du Toit se tyd van 10.73 in die seuns o.19 100 meter finaal het hom ook ‘n vierde plek besorg.

Foto’s: Wouter Pienaar

Mall

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button