SportSport
Junior Pukkies wys hul kan swem!
Agt swemmers van die NWU-Junior Swemklub het op 10 en 11 Maart aan Swem Suid-Afrika se Vlak 1 Nasionale Streekskompetisie by die splinternuwe 25m swembad van Lebone College naby Rustenburg deelgeneem. Swemmers van so jonk as 7 tot 16 jaar kan hieraan deelneem. Elke provinsie bied sy eie Vlak 1 byeenkoms aan en dit vorm …
Agt swemmers van die NWU-Junior Swemklub het op 10 en 11 Maart aan Swem Suid-Afrika se Vlak 1 Nasionale Streekskompetisie by die splinternuwe 25m swembad van Lebone College naby Rustenburg deelgeneem.
Swemmers van so jonk as 7 tot 16 jaar kan hieraan deelneem. Elke provinsie bied sy eie Vlak 1 byeenkoms aan en dit vorm die eerste in ’n reeks van klubgebaseerde swemkampioenskappe regoor Suid-Afrika.
Die jong Pukkies wat ’n draai op die podium gemaak het, was Danè de Klerk (2 goud, 1 silwer), Kobus van Zyl (2 goud, 2 brons), Malan Jacobsz (1 goud, 2 silwer, 1 brons), Schalk de Vos (2 goud, 1 brons) en Tiago Gomes (1 brons).


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



