Black Ops se fikses voltooi uitdagende Warrior Race
Black Ops Fitness se kranige atlete het 17 Maart aan die uitdagende Warrior Race in Tierpoort deelgeneem. 13 lede het deelgeneem met die hoofdoel om met ’n bandjie klaar te maak en sodoende elke hindernis te voltooi. “As jy hulp nodig het en nie ’n hindernis kan voltooi nie, word jou bandjie geknip. “Jy kan …
Black Ops Fitness se kranige atlete het 17 Maart aan die uitdagende Warrior Race in Tierpoort deelgeneem. 13 lede het deelgeneem met die hoofdoel om met ’n bandjie klaar te maak en sodoende elke hindernis te voltooi.
“As jy hulp nodig het en nie ’n hindernis kan voltooi nie, word jou bandjie geknip.
“Jy kan steeds die wedloop voltooi, maar kan nie ’n podium posisie behaal nie en jou tyd tel ook nie,” vertel Karlien le Roux, hoofinstrukteur by Black Ops Fitness in Potchefstroom.
“Ons het ses atlete wat deelgeneem het aan die Rookie Elite (5km en 10 hindernisse.). Vier het met hul bandjie klaargemaak. Ons is baie trots op hulle. Twee atlete het aan die Commando Elite (10km en 20 hindernisse) deelgeneem, maar nie hul bandjies gehou nie. Vyf atlete het ook aan die Black Ops Elite kategorie deelgeneem, wat die strafste en moeilikste kategorie is (18.6km en 32 hindernisse). Ongelukkig kon hul nie hulle bandjies hou nie. Slegs vier vrouens tydens die hele naweek kon klaarmaak met hul bandjies.
“Dit was nog die moeilikste wedloop waaraan ons deelgeneem het, maar definitief die lekkerste een,” het Le Roux genoem.





