SportSport

May en Alexander in tweestryd om SARU presidentskap dié Vrydag

Dit is hierdie Vrydag 6 April D-dag vir die Luiperds se president, André May, wat die kans staan om in die warmste stoel in SA Rugby te sit. May staan teen die huidige president, Mark Alexander, vir SARU presidentskap tydens die algemene raadsvergadering in Kaapstad. Twaalf rugbyunies gaan die geleentheid hê om hul stemme dik …

Dit is hierdie Vrydag 6 April D-dag vir die Luiperds se president, André May, wat die kans staan om in die warmste stoel in SA Rugby te sit.
May staan teen die huidige president, Mark Alexander, vir SARU presidentskap tydens die algemene raadsvergadering in Kaapstad.
Twaalf rugbyunies gaan die geleentheid hê om hul stemme dik te maak en te stem wie hulle as president wil hê.
Sedert May se beskikbaarheid vir SA Rugby se top pos bekend geword het dit al heelwat bespreking uitgelok en dit sal interessant wees om te sien wat gebeur.
Op die oog af staan May ‘n skraal kans om te wen, veral omdat hy die stemme van beide die kleiner unies en ‘n paar groter unies sal moet kry om Alexander te onttroon. Alexander het al heelwat kritiek vanuit rugbykringe en die publiek gekry en dis nie ‘n uitgemaakte saak dat May nie verkies sal word nie.
May is uit en uit ’n rugbyman en wat ’n ware liefde vir die spel het. Sy werksvermoë word nie betwyfel na wat hy by die Luiperds vermag het nie.
In Herald se onderhoud met May verlede maand was hy positief en gereed vir die uitdaging: “My verkiesingsveldtog is nie om klein unies te bevorder nie, dit is om rugby terug te neem na die mense toe en Suid-Afrikaanse rugby weer nommer een te maak.”
Die vraag is dus: Sal May nommer een word om SA rugby nommer een te maak?

Adv. André May, die president van die Luiperds, gaan vir SA Rugby se Presidentskap staan.
Adv. André May, die president van die Luiperds, gaan vir SA Rugby se Presidentskap staan.

Mall

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button