SportSport

Nuwe wêreldrekord vir Liezel Gouws

Een van die land se top paralimpiese atlete, Liezel Gouws, het weer die oë laat rek by die afgelope SA Atletiekkampioenskappe vir atlete met gestremdhede, waar sy ‘n nuwe wêreldrekord opgestel het en ook twee goue en twee silwermedaljes gewen het. Gouws is serebraal gestrem en het in die T37-kategorie haar stempel afgedruk, waar sy …

Een van die land se top paralimpiese atlete, Liezel Gouws, het weer die oë laat rek by die afgelope SA Atletiekkampioenskappe vir atlete met gestremdhede, waar sy ‘n nuwe wêreldrekord opgestel het en ook twee goue en twee silwermedaljes gewen het.

Gouws is serebraal gestrem en het in die T37-kategorie haar stempel afgedruk, waar sy ‘n rekordtyd in die 800 meter vir vroue in ‘n tyd van 2:41.71 opgestel het.

Gouws het sodoende haar eie wêreldrekordtyd van 2:42.39 verbeter. Die kampioenskappe is oor die Paasnaweek vanaf 30 Maart tot 2 April in Bloemfontein gehou, en sy het weer eens bewys hoeveel talent sy as jong atleet het.
Gouws, ‘n Klerksdorper en voormalige Hoërskool Wesvalia leerder, is tans ‘n eerstejaar farmasiestudent aan die NWU.

Hoewel haar studies haar baie besig hou, het sy nie haar atletiekfokus verloor nie. “Ek was nogal verbaas hoe goed Liezel gedoen het by die SA’s.
Ek haal my hoed af vir haar vir haar prestasies.

Haar hoofitem was die 400 meter, maar sy het in die ander items ook uitgeblink. “Sy moes vanjaar nogal aanpas met my as nuwe afrigter,” het haar gesoute afrigter, Hennie Botha van Atletiek Sentraal Noordwes, genoem.

Gouws is bekend vir haar deelname aan die 2016 Paralimpiese Spele in Rio de Janeiro, waar sy die finaal in beide die 100 en 400 meter items behaal het.
Sy droom groot en hierdie prestasies op nasionale vlak behoort haar net nog meer aan te spoor vir die opkomende Paralimpiese Spele wat in 2020 aangebied word.

Die NWU farmasiestudent en top SA atleet, Liezel Gouws glimlag breed met vier nuwe medaljes om haar nek, na die uitstekende SA kampioenskappe vir atlete met gestremdhede in Bloemfontein. Hierdie kampioenskappe het vanaf 30 Maart tot 2 April plaasgevind.
Die NWU farmasiestudent en top SA atleet, Liezel Gouws glimlag breed met vier nuwe medaljes om haar nek, na die uitstekende SA kampioenskappe vir atlete met gestremdhede in Bloemfontein. Hierdie kampioenskappe het vanaf 30 Maart tot 2 April plaasgevind.
Noordwes se atletiektrots. Die NWU student Liezel Gouws hier saam met haar afrigter, Hennie Botha, by die SA kampioenskappe vir atlete met gestremdhede in Bloemfontein, nadat sy 'n nuwe rekord in die vroue 800 meter vir T37 atlete opgestel het.
Noordwes se atletiektrots. Die NWU student Liezel Gouws hier saam met haar afrigter, Hennie Botha, by die SA kampioenskappe vir atlete met gestremdhede in Bloemfontein, nadat sy ‘n nuwe rekord in die vroue 800 meter vir T37 atlete opgestel het.

Mall

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button