Boccia-atlete kry goud
Drie Potchefstromers het die afgelope Paasnaweek aan die interessante en unieke sport genaamd Boccia deelgeneem waar hulle Noordwes se naam tydens die nasionale kampioenskappe in Bloemfontein hoog gehou het. Leighton Christians en Danita van der Merwe het ‘n gedugte span gevorm in die BC3 Pare-afdeling en het goud gewen. In die BC3-afdeling speel spelers met …
Drie Potchefstromers het die afgelope Paasnaweek aan die interessante en unieke sport genaamd Boccia deelgeneem waar hulle Noordwes se naam tydens die nasionale kampioenskappe in Bloemfontein hoog gehou het.
Leighton Christians en Danita van der Merwe het ‘n gedugte span gevorm in die BC3 Pare-afdeling en het goud gewen. In die BC3-afdeling speel spelers met ‘n ramp (helling) en het ‘n sportassistent wat hulle help met dié helling op die baan.)

In die BC3 Individuele-afdeling het Danita Silwer en Leighton brons gekry.
Danita is tans ‘n leerder van ES le Grange skool en Leighton is ‘n voormalige ES le Grange leerder.
Hierdie Boccia-atlete is ook geen nuwelinge as dit by sukses in hierdie sport kom nie. In 2016 het Leighton en Danita ook saam in die BC3-afdeling goud gewen en in 2017 silwer. In 2015 het Leighton goud in die BC3 Individuele-afdeling gewen. Danita het in 2016 silwer in die Individuele-afdeling gewen.

Seipatie Majoe is ‘n BC1 voetspeler van Ikalafeng skool in Ikageng. BC1 spelers het helpers wat agter die baan staan en help om balle aan te gee en die rolstoel verstel.
Sy het saam met haar spanmaats van Tlamelang skool naby Mahikeng ‘n bronsmedalje in die BC1 en BC2 Span-afdeling verwerf.
Dit is ook die derde agtereenvolgende jaar wat Noordwes brons in die BC1/BC2 Span-afdeling verwerf. Seipatie het ook ‘n spesiale toekenning gekry tydens die medalje-seremonie vir die Atleet met die Beste Sportsmansgees. Sy het tydens ‘n wedstryd teen een van die opkomende atlete ‘n hele paar punte afgestaan deur die bal so te plaas dat dit nader aan hom was en dit vir hom makliker was om punte aan te teken.
Helani Snyman en Maria Molusi is Boccia afrigters by ES le Grange. Vir verdere inligting kan Helani gekontak word by 083 494 7551. Deliwe Dial en Janette van Zyl is die Boccia afrigters by Ikalafeng skool. Vir verdere inligting kan Janette van Zyl by 082 202 4577 gekontak word.




