USSA-glorie vir NWU se puik atlete
Drie was die gelukkige nommer vir die NWU-atletiekklub se atletiektroepe wat op die DP de Villiers-stadion in Sasolburg met die prys as die beste atletiekuniversiteit in SA vir die derde agtereenvolgende jaar weggehardloop het. ’n Meesterlike spanpoging van die NWU se talentvolle atlete het vir ’n medaljeoes van 33 medaljes (13 goud, 13 silwer en …

Drie was die gelukkige nommer vir die NWU-atletiekklub se atletiektroepe wat op die DP de Villiers-stadion in Sasolburg met die prys as die beste atletiekuniversiteit in SA vir die derde agtereenvolgende jaar weggehardloop het.
’n Meesterlike spanpoging van die NWU se talentvolle atlete het vir ’n medaljeoes van 33 medaljes (13 goud, 13 silwer en 7 brons) gesorg. Volgens die NWU se atletiekbestuurder, Terseus Liebenberg, was spanwerk die groot rede vir hulle derde agtereenvolgende USSA (Universiteit Sport Suid-Afrika) titel.
“Ek kan nie enige individuele atleet uitsonder nie, omdat ek voel dat dit een manjifieke spanpoging was. Dit is ook die 13de keer in 25 jaar sedert die ontstaan van die USSA-kampioenskappe dat die NWU die wenners is.”
Volgens Liebenberg het elke atleet, afrigter en mediese lid van die span ’n uitmuntende bydrae gelewer.
“Die spankapteine, Chederick van Wyk, Ariane Nel en Danél Holton het op die baan gelei.
Die afrigterskorps was puik en die mediese bystand wat Anita van der Lingen-Venter, Marlizé Vos, en Okkie Oosthuizen gelewer het, was ook ’n groot faktor vir ons sukses,” voeg hy by.
Foto’s: Ettienne van Rensburg (Vaalweekblad)
1) NWU: 13 goud, 13 silwer, 7 brons – 33 altesaam
2) Universiteit van Johannesburg: 9 goud, 7 silwer, 9 brons – 25 altesaam
3) Universiteit van die Vrystaat: 8 goud, 7 silwer, 9 brons – 24 altesaam
4) Universiteit van Pretoria: 5 goud, 8 silwer en 7 brons – 20 altesaam
Medaljewenners:
Goud
1) Chederick van Wyk – 200m: 20.49 sekondes
2) Johann Grobler: Spiesgooi – 79.80m
3) Tshepang Makhethe: Hamergooi – 69.57m
4) Mpho Links: Hoogspring – 2.10m
5) Rantso Mokopane: 1500m – 3:48.99 en 5000m – 14:35.14
6) Tiaan Kleynhans: 110m hekkies – 13.97
7) Stian Stoltz: Paalspring – 4.60m
8) Cynthia Tsetsewa: 400m hekkies – 60.64
9) Jo-Ané van Dyk: Spiesgooi – 50.80m
10) Marga Cumming: Hamergooi – 57.85m
11) 4x 400m Mans – 3:10.31
12) 4x 400m Vroue – 3:44.54
Silwer
1) Chederick van Wyk: 100m – 10.18 (PB)
2) Henco Uys: 800m – 1:48.99
3) Theodor Young: 110m hekkies – 14.25
4) Puseletso Mofokeng: 10 000m – 30:06.80 en 21 km – 1:06:35.23
5) Erich Wiese: Spiesgooi – 75.20m
6) Alan Cumming: Hamergooi – 65.46m
7) Ariane Nel: 200m – 23.73
8) Anri Salim: Sewekamp (PB)
9) Corlé van der Walt: Paalspring – 2.90m
10) Carli Nieuwenhuizen: Spiesgooi – 47.75m
11) Stefanie Greyling: Hamergooi – 55.74m
12) 4x100m mans – 40.04
Brons
1) Armand van Zyl: 400m hekkies – 51.66
2) Carel Haasbroek: Hamergooi – 63.66m
3) Alwyn Bothma: 110m hekkies – 14.31
4) Riëtte Heyns: Diskus – 52.03m
5) Hanlie Etzebeth: 10 000m – 39:16.08
6) Ariane Nel: 400m – 54.16
7) Letitia Janse van Vuuren: Hamergooi – 52.04m.











