Langasems behaal weer goue glorie
Volkies se langasems, Cara du Preez en Robert de Villiers het by die CAA Suidelike Streek Junior en Jeugatletiekkampioenskappe weer uitgeblink en met medaljes om hulle nekke gespog. Du Preez en De Villiers, wat albei onder die ervare hand van plaaslike afrigter, Nollie Meintjies die afgelope paar jaar puik presteer, het teen van die beste …
Volkies se langasems, Cara du Preez en Robert de Villiers het by die CAA Suidelike Streek Junior en Jeugatletiekkampioenskappe weer uitgeblink en met medaljes om hulle nekke gespog.
Du Preez en De Villiers, wat albei onder die ervare hand van plaaslike afrigter, Nollie Meintjies die afgelope paar jaar puik presteer, het teen van die beste junior atlete van die suidelike en sentrale Afrika-streek hulle talent getoon.
Du Preez was veral skitterend en het goud in die vroue o.18 in die 2 000 meter hindernis-item behaal in ‘n wegholtyd van 06:54.95. Haar opponent, die mede Suid-Afrikaner, Isabel Stickells, moes in hierdie tweestryd toekyk hoe Du Preez eerste oor die wenstreep sweef. Die tweede plek was ook die voorland vir Robert de Villiers wat in die mans o.20 3 000 meter hindernis silwer verwerf het. De Villiers se tyd van 09:42.21 was nie goed genoeg om Bonginkosi Maseko se tyd van 09:28.04 te klop nie.



