SportSport

Spanlys vir Gimmies en Volkies se eerstepan dogtershokkie-stryd

Die NWU se Astro gaan die slagveld wees wanneer Gimmies en Volkies se eerste dogtershokkiespanne Vrydagaand om 18:45 teen mekaar gaan kragte meet. Kundige hokkieondersteuners sal wel sekerlik hierdie wedstryd in Gimmies se guns plaas nadat die skool se dogtershokkiespan vanjaar die NWU Prestige-reeks oortuigend gewen het. Gimmies se sterkpunte lê in hulle hegte spaneenheid …

Die NWU se Astro gaan die slagveld wees wanneer Gimmies en Volkies se eerste dogtershokkiespanne Vrydagaand om 18:45 teen mekaar gaan kragte meet. Kundige hokkieondersteuners sal wel sekerlik hierdie wedstryd in Gimmies se guns plaas nadat die skool se dogtershokkiespan vanjaar die NWU Prestige-reeks
oortuigend gewen het.
Gimmies se sterkpunte lê in hulle hegte spaneenheid en ‘n wil om elke keer meer oortuigend te wen. Hulle het ook sterspelers soos die kaptein, Georgia Bothma en haar sussie Caerie, sowel as Jhenelle de Villiers om maar ’n paar te noem. Ook interessant is die sussie verbintenis wat hierdie span het met Phia en Hanlie Badenhorst wat Vrydag ook vir dieselfde span gaan speel. Georgia is wel so gereed soos kan kom vir hierdie wedstryd en sien uit om as ‘n matriekleerder haar span op die baan te lei.

“Die hele skool staan saam vir dié een wedstryd in die jaar. Ons as ‘n hokkiespan het ook elke dag ‘n tema waarvolgens ons aantrek om gees te bou vir die naweek.
“Ons span doen hierdie jaar baie goed en ek is trots om deel van die span te wees. Ek het die afgelope twee jaar ook al baie in my hokkie gegroei. Dit het baie te doen met die mense saam met wie ek speel en die afrigters wat ons ondersteun. Ons gaan regtig seker maak dat ons dié jaar net verder verbeter,” noem Georgia opgewonde.

Volkies se kaptein, Joana Scholtz was ook van mening dat haar span nie onderskat kan word nie, al speel hulle teen ‘n sterk Gimmies-span.
“Ons het hierdie seisoen baie meer gewen as in vorige jare en baie hard gewerk. Ons sterkpunte is ons spaneenheid en om net ‘n spel vol selfvertroue te speel. Hierdie is die grootste wedstryd van my skoolloopbaan. Ek dink dit gaan verseker ongelooflik wees en met al die Volkie-ondersteuning gaan dit ‘n hoogtepunt wees,” sê Scholtz.

Spanne:

Gimmies
Zoë Labuschagne, Helène Smith, Zané Lombard, Lize Jonker, Hanlie Badenhorst, Chandré Grobler, Carmen Els, Gerdoné Janse van Rensburg, Georgia Bothma, Caerie Bothma, Shinné van der Merwe, Nicolene Nel, Johaneske de Lange, Jhenelle de Villiers en Phia Badenhorst
Afrigters: Sulette Damons en Susan van Staden
Volkies
Glenmari Beukes, Megan Coertzen, Juanet Coetzee, Tarryn Cook, Simoné du Preez, Madri Fourie, Carmen Myburgh, Joana Scholtz (kaptein), Sarien van der Merwe, Isabella Vorster, Denise Waldeck, Cara du Preez en Jonica Conradie
Afrigter: Karien Benson

AJR
AJR

https://www.nbcarsales.co.za/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button