SportSport

Een oomblik kan eerstespanstryd in Classic Clash bepaal

Verwag talle bloedmerke, sweetdruppels en trane hierdie Saterdag, 26 Mei op die Fanie du Toit Sportgronde wanneer die grootste rugbywedstryd in beide Gimmies en Volkies se skoolkalender met die FNB Classic Clash gaan plaasvind. Gimmies is die huidige Classic Clash kampioene nadat hulle Volkies verlede jaar met 32-18 in Volkies se agterplaas geklop het. In …

Verwag talle bloedmerke, sweetdruppels en trane hierdie Saterdag, 26 Mei op die Fanie du Toit Sportgronde wanneer die grootste rugbywedstryd in beide Gimmies en Volkies se skoolkalender met die FNB Classic Clash gaan plaasvind.
Gimmies is die huidige Classic Clash kampioene nadat hulle Volkies verlede jaar met 32-18 in Volkies se agterplaas geklop het. In 2016, het Volkies juis met ‘n noue 18-17 oorwinning op die Fanie du Toit Sportgronde die Classic Clash-trofee omhoog gehou en hulle sal weer daardie goeie herinnering wil terugroep om op dieselfde veld met die louere weg te stap.
Een oomblik van glorie en een mislukte duikslag mag dalk die wedstryd bepaal, so min is daar om van dié twee spanne te kies.
Gimmies se kaptein, Carel van Wyk, glo dat sy span, wat sover onoorwonne in die liga is, gereed is om weer te wen,

“Die agterlyn is ons grootste wapen en ons voorspelers speel ook ‘n baie fisieke wedstryd. “Vir my as kaptein gaan dit belangrik wees om my span te ondersteun en dadelik foute reg te maak en voluit te speel,” – Carel van Wyk, Gimmies se kaptein.

Volkies se kaptein, Awie Visser, speel in sy twee agtereenvolgende Classic Clash wedstryde vir die eerstespan en hy sal graag in sy laaste wedstryd die trofee omhoog wil hou.

“Die wedstryd gaan ek vir die res van my lewe onthou. As kaptein wil ek hê dat my span ons wedstrydplan uitvoer en dit net geniet. Ons het ‘n goeie kombinasie tussen jong ouens wat die energie bring en senior spelers wat op die veld lei en ‘n impak maak. Sommige van die ouens speel al sedert o.14 saam en verstaan mekaar op die veld.” – Awie Visser, Volkies se kaptein

Spanne:
Gimmies:
1. Dewald van der Westhuizen, 2. Hans Laufs, 3. Jason Jackson, 4. Alwyn van Heerden, 5. Jacques Botha, 6. Anelka Barends, 7. Giovanni Pestana, 8. Carel van Wyk (kaptein), 9. Johatt Batsietseng, 10. Frank-Lee Jackson, 11. Johan Minnaar, 12. Juan Reyneke, 13. Keenan Twigg, 14. JP de Lange, 15. Billy Jacobs
Plaasvervangers:
16. Kosie Bouwer, 17. NJ Kock, 18. JD van den Berg, 19. Christian van Aswegen, 20. Gerhard Joubert, 21. Wayne Jankowitz, 22. Jarno Neveling, 23. Stefan Fourie
Volkies:
1. Kobus Burger, 2. Francois Fourie
3. Collin Smart, 4. André Smit, 5. Danie Schonfeldt, 6. Marno Prigge, 7. Dion Bezuidenhout, 8. Jacques Gouws, 9. Waldu Kotze, 10. Stephan van Niekerk, 11. Rikus van Zyl, 12. Basjan Bezuidenhout, 13. Awie Visser (kaptein), 14. Gustav Erlank, 15. Le Roux White
Plaasvervangers:
16. Tjaart Cronjé, 17. Connor Brown, 18. Johnathon Barnard, 19. Wikus Marais, 20. Erard Smith, 21. JG de Villiers, 22. JJ Alberts, 23. Jannie Claassens

AJR

https://www.nbcarsales.co.za/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button