SportSport

Gimmies se hokkiespelers behaal rekordoorwinnings teen Volkies

Potchefstroom Gimnasium se dogters en seunshokkiespanne het verlede Vrydag, 25 Mei tydens hulle Classic Clash-wedstryde vir Volkies ‘n hokkieles op die NWU Astro geleer. Gimmies se eerste dogtershokkiespan het met 10-0 vir Volkies geklop en so gedomineer dat die wedstryd 15 min vroeër, weens die ligareëls, gestop is. Wanneer ‘n span met meer as 10 …

Potchefstroom Gimnasium se dogters en seunshokkiespanne het verlede Vrydag, 25 Mei tydens hulle Classic Clash-wedstryde vir Volkies ‘n hokkieles op die NWU Astro geleer.
Gimmies se eerste dogtershokkiespan het met 10-0 vir Volkies geklop en so gedomineer dat die wedstryd 15 min vroeër, weens die ligareëls, gestop is. Wanneer ‘n span met meer as 10 doele voorloop, word die wedstryd outomaties gestop. Dit is die eerste keer in die geskiedenis van die Classic Clash dat dit in ‘n eerstespanwedstryd gebeur en het net weer die gaping tussen die twee spanne bewys. Daar is voor die tyd verwag dat Gimmies die wedstryde sou wen, maar nie op so ‘n oortuigende manier nie. Gimmies se sterre was onder andere Jhenelle de Villiers wat gereeld Volkies se verdedigers besig gehou het, sowel as Chandré Grobler wat in die middelveld beheer toegepas het.

Foto’s: Wouter Pienaar

Die seunshokkiespan het na ‘n geduldige eerste helfte waar hulle Volkies se doelwagter, Adré-Jauno Kemp gepeper het, uiteindelik deurgebreek en twee doele met die halftydbreek aangeteken.
Volkies het moedig geveg, maar uit stoom gehardloop in die tweede helfte en Gimmies het op die ou einde gemaklik met 6-0 gewen. FC de Villiers en Lumka Gebengana sowel as Ronald Hendricks het gedurig vir Volkies se verdedigers probleme veroorsaak. Gimmies was konings en koninginne op die hokkieveld en het bewys dat hulle hokkiesisteem jaar na jaar talent optower.

Foto’s: Wouter Pienaar

AJR

https://www.nbcarsales.co.za/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button