Virsekerbeker roep vir Ferdies se rugbyspanne
Beide die o.15- en o.17-rugbyspanne van Hoërskool Ferdinand Postma het die vorige naweek gekwalifiseer vir die Virsekerbekerreeks. Dit is die eerste keer in die skool se geskiedenis dat twee spanne hiervoor kwalifiseer. Die o.15-span was in ‘n klipharde eindstryd in die Dekalb-liga teen Koster gewikkel en het die wedstryd 10-7 gewen, om as die kleinskolekampioen …
Beide die o.15- en o.17-rugbyspanne van Hoërskool Ferdinand Postma het die vorige naweek gekwalifiseer vir die Virsekerbekerreeks.
Dit is die eerste keer in die skool se geskiedenis dat twee spanne hiervoor kwalifiseer.
Die o.15-span was in ‘n klipharde eindstryd in die Dekalb-liga teen Koster gewikkel en het die wedstryd 10-7 gewen, om as die kleinskolekampioen in Noordwes gekroon te word. Beide Marco Snyman en Leniel Swart het ‘n drie vir hulle span gaan druk.
Die o.17-span het in die Dekalb-finaal vir kleinskole in Noordwes teen die span van Christiana te staan gekom.
Die begeesterde span van Christiana het Ferdies die loef afgesteek en die wedstryd met 19-11 in hulle guns beklink. Ferdies se o.17-span is dus die naaswenners.
Divan Potgieter het met twee strafdoele vir Ferdies geslaag en Nhlanhla Faku het ‘n drie aangeteken.
Albei spanne dring deur om aan die Virsekerbeker deel te neem, waar hulle teen die spanne van die Valke te staan sal kom.




