SportSport

Bittersoet Cravenweek vir Luiperds in die Paarl

Die Luiperds se o.18 Cravenweekspan het die afgelope week ‘n paar stappe vorentoe geneem, maar toe ook ‘n paar stappe agteruit gevat toe hulle slegs een oorwinning aangeteken het. Die week wat vanaf 8 tot 14 Julie by Paarl Boys High gehou is, was werklik ‘n toernooi vir die Suide, met die Westelike Provinsie wat …

Die Luiperds se o.18 Cravenweekspan het die afgelope week ‘n paar stappe vorentoe geneem, maar toe ook ‘n paar stappe agteruit gevat toe hulle slegs een oorwinning aangeteken het.

Die week wat vanaf 8 tot 14 Julie by Paarl Boys High gehou is, was werklik ‘n toernooi vir die Suide, met die Westelike Provinsie wat weer kop en skouers bo die ander unies uitgestaan het.

Die Luiperds se beste skolespelers het in hulle eerste wedstryd van die week teen die Valke met 63-24 verloor.

Hulle het toe behoorlik hulle sokkies opgetrek in hulle tweede wedstryd van die week teen die Griekwas, waar hulle ‘n briljante 17-6 oorwinning op ‘n sopnat veld behaal het. In hierdie modderige affêre het André Rossouw en Max Williamson twee drieë aangeteken. Die Gimmie, Frank-Lee Jackson, het ook met sy skopvoet ‘n merkwaardige verskil gemaak met ‘n paar belangrike doelskoppe en strafskoppe.

In die Luiperds se finale wedstryd teen die Oostelike Provinsie het die jong manne van die Kaap met 21-10 die Noordwesters geklop. Dit was ‘n terugslag vir die Luiperds, wat in die vorige wedstryd so goed teen Griekwas gespeel het.

Hier het Potchefstroom Gimnasium se Keenan Twigg vir die Luiperds ‘n drie gedruk, maar dit was effens te laat en OP kon toe met ‘n drie van hulle eie, danksy, Dumisa Ngcivana, die laaste sê in dié wedstryd hê.

https://www.nbcarsales.co.za/
https://www.nbcarsales.co.za/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button