SportSport

Volkies se o.15A’s klop Gimmies met drie in die doodsnikke

Volkies se regtervleuel, John-Albert de Leca het met sy drie in die laaste minuut sy o.15A Volkiespan van ‘n klaarblyklike nederlaag tot ‘n roemryke kampioensege gepromoveer. In ‘n tipiese rugbyeindstryd tussen Volkies en Gimmies het eersgenoemde dit net-net reggekry om hulle teenstanders op die laaste nippertjie met 10-5 te troef. Dit was heen en weer …

Volkies se regtervleuel, John-Albert de Leca het met sy drie in die laaste minuut sy o.15A Volkiespan van ‘n klaarblyklike nederlaag tot ‘n roemryke kampioensege gepromoveer.

In ‘n tipiese rugbyeindstryd tussen Volkies en Gimmies het eersgenoemde dit net-net reggekry om hulle teenstanders op die laaste nippertjie met 10-5 te troef.

Dit was heen en weer van die eerste fluitjie af met Volkies wat eerste punte aangeteken het danksy ‘n strafskop. Volkies se voorsprong was wel van korte duur toe Gimmie-slot, Drieckus van Heerden oor die drielyn gaan kuier het met ‘n kragtige lopie. Teen halftyd was die telling 5-3 in die besoekers se guns.

Albei spanne het in die tweede helfte skouer aan die wiel gesit en harde verdediging van albei kante het die telbord tot net voor die eindfluitjie laat stilstaan.

In hierdie spannende Noordwesfinaal het Volkies werklik ‘n haas uit die hoed voor hulle tuisskare getrek en kan nou uitsien na verdere glorie in die komende uitkloprondtes van die Virsekerbeker.

 

https://www.nbcarsales.co.za/
https://www.nbcarsales.co.za/

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button