SportSport

Steenkamp sien uit na nuwe uitdaging by Cheetahs

Die Luiperdsslot, Walt Steenkamp, het sy tasse vir Bloemfontein gepak met die nuus dat hy by die Vrystaat Cheetahs sy blink rugbyloopbaan gaan voortsit. Steenkamp het die afgelope week  kontrak met die Cheetahs geteken en volg in die voetspore van Springbok, Lood de Jager, wat ook vir die NWU gespeel het en toe sy merk …

Die Luiperdsslot, Walt Steenkamp, het sy tasse vir Bloemfontein gepak met die nuus dat hy by die Vrystaat Cheetahs sy blink rugbyloopbaan gaan voortsit.
Steenkamp het die afgelope week  kontrak met die Cheetahs geteken en volg in die voetspore van Springbok, Lood de Jager, wat ook vir die NWU gespeel het en toe sy merk by die Cheetahs gemaak het.

Steenkamp sal dan ook weer ‘n bekende gesig in die vorm van die voormalige Luiperds losskakel, Benhard Janse van Rensburg, sien wat vroeër vanjaar ‘n kontrak met die Cheetahs geteken het.
Natuurlik vergroot hierdie skuif Steenkamp se geleentheid om top kwaliteit rugby te speel waar hy aan die Guiness Pro 14 teen van die Noordelike halfrond se beste spanne sal kan kragte meet.

“Dit gaan ‘n aanpassing wees na 5 jaar in Potch, maar ek sien uit vir die nuwe uitdaging,” het Steenkamp genoem.

Steenkamp is nie die nuutste verlies wat die Luiperds ervaar nie, met talle voormalige spelers wat sedert 2016 ‘n ander heenkome gaan soek het.

Die Luiperds se rugbyeksodus (spelers by ander unies sedert 2016):
1. Rhyno Smith – Sharks en SA Sewes
2. Sylvian Mahuza – Leeus
3. Benhard Janse van Rensburg – Cheetahs, Sharks
4. Wilmar Arnoldi – Griekwas, Maties
5. Marno Redelinghuys – Maties, WP
6. Elden Schoeman – Maties, WP
7. Henko Marais – Pumas
8. Jeandré Rudolph – Pumas
9. Johan Deysel – Sharks
10. Walt Steenkamp – Cheetahs

https://www.nbcarsales.co.za/
https://www.nbcarsales.co.za/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button