Ferdies se hokkiespanne kook
Ferdies se dogters en seuns hokkiespanne het aan die tweede wedstryde van die Dekalb Mosanto hokkieliga verlede naweek deelgeneem. Ferdies se dogters eerstespan wen Christiana 4-0 en speel gelykop teen Stella 0-0. Die blou juniorspan wen Christiana 2-1. Die grys juniorspan wen Orkney 6-0 en Sannieshof 7-0. Die junior seuns hokkiespan klop ook vir Sannieshof …

Ferdies se dogters en seuns hokkiespanne het aan die tweede wedstryde van die Dekalb Mosanto hokkieliga verlede naweek deelgeneem.
Ferdies se dogters eerstespan wen Christiana 4-0 en speel gelykop teen Stella 0-0.
Die blou juniorspan wen Christiana 2-1. Die grys juniorspan wen Orkney 6-0 en Sannieshof 7-0.
Die junior seuns hokkiespan klop ook vir Sannieshof met 2-1. Hul verloor ongelukkig teen Ferdies se 1ste-span 0-2 en Orkney 2-4. Ferdies se 1ste-seunsspan speel gelykop teen Orkney 1-1 en Sannieshof 1-1 en wen Ferdies se o.15-span 2-0.
Ferdies nooi almal om Saterdag 18 Augustus die laaste wedstryde van hierdie liga by Ferdinand Postma Hoërskool hier in Potchefstroom te kom bywoon waar uitstekende hokkieaksie beloof word.




