SportSport

Nic Stassen is jaaroudkampioen by PPK

Daar was die afgelope naweek skitterende vertonings vir die Potchefstroomse duiweboere van beide die Mooirivier Resiesduifklub sowel as die Potchefstroom Posduifklub. By MRK het Des Humpel ‘n welverdiende eerste plek in die ope-wedvlug behaal en sodoende vir JJ van Wyk & Seuns, sowel as vir Willem Moolman vir die top posisie geklop. Moolman het wel …

Daar was die afgelope naweek skitterende vertonings vir die Potchefstroomse duiweboere van beide die Mooirivier Resiesduifklub sowel as die Potchefstroom Posduifklub.
By MRK het Des Humpel ‘n welverdiende eerste plek in die ope-wedvlug behaal en sodoende vir JJ van Wyk & Seuns, sowel as vir Willem Moolman vir die top posisie geklop. Moolman het wel ‘n konstante dag gehad met sy duiwe wat 3de, 4de, 5de, 6de en 7de plekke behaal. In die jaaroud-afdeling behaal Hennie Aucamp sy tweede oorwinning van die seisoen. Moolman eindig hier tweede met At & Louw wat ‘n derde plek hier behaal. Die jaaroud voorloper by MRK, Johan Schlebusch behaal hier 4de en 5de plekke om sy vashou te verstewig. Op die algehele telbord loop Schlebusch nog ver voor in die jaaroud-afdeling, terwyl Moolman weer die eerste plek in die ope-afdeling behou na ‘n goeie vertoning vanaf Victoria-Wes. Moolman is tans 93 punte voor Schlebusch in hierdie afdeling en dit sal interessant wees om te sien wie aan die einde van die seisoen die ope-afdeling in die klub gaan vat. By PPK het Eddy Bondesio ‘n uitstekende naweek beleef, deur die eerste twee plekke asook ‘n 8ste en 12de plek in die derby-wedvlug in te palm. Piet Greyling se duiwe kry 3de en 6de plekke. Nic Stassen se duiwe neem die 4de en 5de plekke in met Rassie de Jager 7de en Salty en Lettie 9de en Nollie Meintjies in die 10de plek. In die laaste jaaroud vlug vir 2018 word Stassen as die jaaroudkampioen gekroon, met Sarel Naudé 2de en Rassie de Jager 3de.
In die ope-afdeling is Nic Stasssen se duiwe 1ste en 3de in met Salty en Lettie in die 2de plek. Kirsten Hokke neem die 4de en 5de plekke in met Marnus Nel wat 6de, 7de en 8ste plekke vat. Die wedvlugte word al verder en al strawwer. Aanstaande week se wedvlug is vanaf Graaff-Reinet oor ‘n afstand van 650km en behoort die duiwe sowat nege tot tien ure op die vlerk te wees.

https://www.nbcarsales.co.za/
https://www.nbcarsales.co.za/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button