SportSport

NWU-Junior Pukkies skop nuwe seisoen met mening af

Die NWU-Junior Swemklub het die nuwe swemseisoen met twee baie suksesvolle galas gedurende die wintervakansie afgeskop en uitstekende tye opgestel wat die nuwe swemafrigter, Mickey Olivier, breed laat glimlag. Tydens die Sasol Winter Swemkampioenskappe het die begeesterde Pukkies in die finale rondes geboer en het die volgende swemmers die podium gehaal: Dané de Klerk (brons, …

Die NWU-Junior Swemklub het die nuwe swemseisoen met twee baie suksesvolle galas gedurende die wintervakansie afgeskop en uitstekende tye opgestel wat die nuwe swemafrigter, Mickey Olivier, breed laat glimlag.

Tydens die Sasol Winter Swemkampioenskappe het die begeesterde Pukkies in die finale rondes geboer en het die volgende swemmers die podium gehaal: Dané de Klerk (brons, 50m kruipslag), Sumé du Preez (brons, 50m kruipslag), Xandri Palmer (brons, 50m vlinderslag en 50m rugslag, silwer, 50m kruipslag), Annika Potgieter (brons, 50 borsslag en 100m kruipslag) en Matt Roos (brons, 50m vlinderslag).

Tydens die jaarlikse TYR Prestige swemkampioenskappe in Durban het al die deelnemende Pukkies uitsonderlike persoonlike beste tye geswem en Alyssa Norman het ‘n bronsmedalje in die 100m borsslag ingepalm.

Die volgende gala op die jaarprogram is die jaarlikse Suid-Afrikaanse Kortbad-swemkampioenskappe vanaf 9 – 12 Augustus in Durban. Mickey Olivier (afrigter), Van Zyl Brand, Matt Roos en Juandré Uys het hiervoor gekwalifiseer.

https://www.nbcarsales.co.za/
https://www.nbcarsales.co.za/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button