Jansen tweeling stuur Gimmies na gemaklike oorwinning teen KHS
Gimmies se eerste span het die afgelope naweek teen KHS krieket gespeel en met ‘n 8 paaltjie oorwinning die tuisspan weggeblaas. KHS het besluit om eerste te kolf en is vir slegs 46 lopies uitgeboul. Gimmies se beste bouler was Duan Jansen, wat spog met syfers van 3 paaltjies vir 11 lopies in 5 beurte. …
Gimmies se eerste span het die afgelope naweek teen KHS krieket gespeel en met ‘n 8 paaltjie oorwinning die tuisspan weggeblaas.
KHS het besluit om eerste te kolf en is vir slegs 46 lopies uitgeboul. Gimmies se beste bouler was Duan Jansen, wat spog met syfers van 3 paaltjies vir 11 lopies in 5 beurte. Hy is baie goed bygestaan deur sy tweelingbroer Marco, wat 3 paaltjies vir 12 lopies in 4 beurte geneem het.
Gimmies teken die wenlopies in die 5de beurt aan, met nog 8 paaltjies in die bank. Die 2de span het teen Schoonspruit se eerste span met 6 paaltjies gewen. Simphiwe Mkwanazi het hier 4 paaltjies geneem, terwyl Zavier van der Westhuizen 66 lopies aangeteken het.
Die 3de span het met 4 lopies teen Boys High se 1ste span verloor, Marcus Roode het 48 lopies aangeteken. Die o.15B’s het met 9 paaltjies teen Boys High se o.15 A’s gewen. Xander van Gass het 43 onoorwonne lopies aangeteken en Ronaldo de Lima het 3 paaltjies geneem.




